Leesplan inligting

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den BergVoorbeeld

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg

DAG 1 VAN 5

Aannames wat jou op ’n dwaalspoor hou


As. Daardie klein woordjie van voorwaardelikheid. Nie wanneer nie, as. So asof daar ’n skrale moontlikheid is, maar jy het geen beheer oor die uitkoms nie. Jy is vasgevang. Uitgelewer. Magteloos. 


Of is jy? “As” kan inperking sowel as hoop bevat. “As ek . . .” kan die weg uit ’n slegte situasie wys en jou toerus om die regte stappe na ’n voluit-lewe te neem. Dit kan jou motiveer om daardie stappe een vir een uit te voer. Sonder twyfel. Gefokus en opgewonde. Die voorwaardelikheid van so ’n “as” is dus gelaai met energie en momentum – ’n “Hier kom ek wêreld!”-momentum.


Die teendeel is egter ook waar: Jou gedagtes oor wat jou te doen staan, kan jou ook vasgevang hou in ’n ongesonde, ongelukkige situasie. Die dinge wat jy dink jy moet doen om jou situasie te verbeter, lei juis nié tot groei en vooruitgang nie. Inteendeel, dit werk eerder soos ’n handrem op jou persoonlike lewensvoertuig.


Jy doen wat die samelewing, jou kultuur en jou medemens vir jou sê. Maar jy kry dit net nie reg om jou situasie te verander nie. 


Beteken dit dat jy uitgelewer is? Is jy gedoem tot die plek waar jy jou nou bevind? Glad nie. Dit beteken egter dat jy die voorwaardes wat jy aan jouself stel, eerlik moet ondersoek vir wat hulle is. Jy moet jou voorwaardelike “asse” met God se waarheid vergelyk. Eers dan sal jy ’n nuwe, bevrydende rigting kan inslaan. Dan kan jy moed skep en met hoop begin lewe. Wanneer jy God se waarheid begin toepas in jou lewe, word jy ontvanklik vir vars kennis en insig. Jy kan by die bestemming kom wat God vir jou bedoel het en waarvoor Hy jou gemaak het.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om ’n verandering in hul lewe te maak. Elke dag bevat gedagtes rondom die temas van gedagtes en verandering, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is geba...

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Gerdi van den Berg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/jy-kan-verander-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid