Leesplan inligting

Maria Was 'n MaVoorbeeld

Mary Was a Mom

DAG 4 VAN 7

In ons hedendaagse geboortetoneel, lyk dit asof Maria vir die sensus vanaf Nasaret tot by Betlehem met 'n donkie gery het. Die kans is groter dat sy en Josef gestap en in die aand gekamp het. Die 160 km roete bo-oor gebergtes, sou vier tot vyf dae geneem het. Maria was 9 maande swanger! Ek onthou nou nog die 16 km na die geboortesentrum vir my eerste kind se geboorte wat ons moes ry. Ek het gedurende daardie rit oor elke hobbel en elke groef gekla! 


Ek wonder of Maria gekerm en kla het oor haar lang en moeilike reis na Bethlehem? 


Dan word dit nog meer ingewikkeld. Ek weet nie of Josef nie die kaart mooi gelees het, of te gereeld moes stop vir Maria se badkamer breuke, of net sleg beplan het nie, maar toe hulle uiteindelik by hul bestemming aankom was daar geen akkommodasie vir hulle nie! Al die hotelle was vol. Weer lees ons niks in die Bybel van hoe Maria oor alles reageer het nie, maar dis darem baie om deur te gaan!


Dan word dit nog moeiliker. Sy skenk geboorte aan haar eerste kind in 'n skuur! Ongemaklik en sonder 'n dokter. Al hierdie gebeurtenisse saam laat my baie ongemaklik voel. Waar lees ons dat Maria getreur het oor al die teleurstelling? Was sy verontwaardig? Waar vertel sy dat Josef onbekwaam was en nie haar behoeftes eerste geplaas het nie?


Sy doen nie.


Maria reageer nie in emosionele uitbarstings teenoor haar omstandighede nie. Nadat nog 'n engel aan haar verskyn het en haar vertel het om nie bang te wees nie het sy begin nadink. 


Dit is die gebeurtenisse wat vir ons voorgelê is. Sy dink na oor haar omstandighede. Sy probeer nie om sin te maak van dit nie. Sy verwyt niemand anders nie, sy maak nie ander planne of vra baie vrae nie. Sy bewaar dit in haar hart! 


Hoe kon sy so reageer?  


Dink so daaroor na: sy het Vrede gedra en geboorte aan geskenk!


Ek en jy kan dieselfde wonderlike keuse maak elke keer wat ons moeilike omstandighede ons oorweldig — kies Vrede. Hy is hier met ons — Emmanuel, God is met ons — die antwoord op al ons vrae, planne en angs.


Is Hy die konstante vrede in die storms van jou lewe? Kies jy om met vrede te reageer of laat jy toe dat emosies jou reaksies reguleer?


Liewe Vader —Jesus— wees my Vrede! Help my om U te kies en op u manier te reageer in plaas daarvan om vanuit my emosies te reageer. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Mary Was a Mom

Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hie...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://tinyurl.com/ybn82y4a

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid