Leesplan inligting

Maria Was 'n MaVoorbeeld

Mary Was a Mom

DAG 2 VAN 7

Verrassing! Jy is swanger!


Onthou jy die eerste keer wat jy daardie woorde gehoor het, of die positiewe toets gesien het? Ek onthou. Die eerste keer wat ek swanger geword het was 'n skok vir my en my man. Ons het nie regtig probeer om swanger te word nie, maar ons het 'n baba gemaak! Wat 'n botsing van uiterste emosies.


Maria het definitief nie probeer om swanger te word nie, maar sy het geweet dit is 'n moontlikheid. Elke jong Joodse meisie wat weekliks na die Tora en die Profete geluister het, het geweet die Messias gaan eendag kom, en hier word Maria gekies! (Jesaja 7:14) 


Die engel Gabriël is deur God gestuur om vir haar die wonderlike nuus te vertel en vir haar te sê hoe geseënd sy is en dat God met haar is. Dan vertel Lukas vir ons dat sy verward was oor die woorde. Neem nou in ag dat hierdie stap vir stap geskryf is deur een man om vir 'n ander die gebeurtenisse te vertel (Lukas 1:3). Verward??! 'n Engel verskyn aan haar en sy is net verward? 


Ons albei weet dat daar sekerlik baie meer emosies uitgelaat is as wat Lukas vir sy vriend vertel! 


Gabriël praat verder: "Moenie bang wees nie, Maria." Verrassing, jy is swanger! Jy gaan geboorte skenk aan 'n seun en jy moet Hom Jesus noem. Hoe nou? 'n Engel kom en bring eienaardige nuus en sy moet nie bang wees nie? Miskien moet sy nie wees nie, maar as ek kyk na haar volgende vraag, dink ek sy was tog: "Hoe kan so iets moontlik wees, aangesien ek nie gemeenskap met 'n man het nie?" vra sy in vers 34. Onthou nou dat sy elke sabbat in die sinagoge sit en luister na die profesieë. Sy weet die beloofde Messias word van 'n maagd gebore, (Jesaja 7:14) tog in hierdie oomblik vergeet sy God se woorde. 


Net soos wat ons God se woorde vergeet.  


Gabriël vertel volgende vir haar dat haar familielid Elisabet, wat voorheen as onvrugbaar beskou is, ook nou swanger is, en hy verklaar, een van my gunsteling verse: Niks is vir God onmoontlik nie (Lukas 1:37).


Selfs in haar vrees en volop vrae onthou Maria aan wie sy behoort. 


Niks is vir God ontmoontlik nie. 


In daardie oomblik onthou sy God se karakter en sy getrouheid, en haar hart fokus op Hom. Sy is nie angstig oor haar toekoms nie. Sy vra nie vir 'n verduideliking van sy plan nie. 


In geloof antwoord sy braaf: "Kyk, ek is die diensmeisie van die Here. Mag met my gebeur volgens u woord." 


Here, laat my hart gewillig wees om u te dien, en laat my geloof en hoop in U so sterk wees soos Maria s'n. Laat my hart so na aan U wees dat ek nooit U liefde en betroubaarheid vergeet nie. 


Is jou hart gereed en gewillig om ja te sê wanneer die Here jou roep? Reageer jy op die moeilike in die lewe met die wete wie God is en aan wie jy behoort?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Mary Was a Mom

Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hie...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://tinyurl.com/ybn82y4a

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid