Leesplan inligting

Maria Was 'n MaVoorbeeld

Mary Was a Mom

DAG 1 VAN 7

Die meisie wat God gekies het om sy enigste Seun in die wêreld te bring was 'n meisie net soos ek en jy. Sy was maar doodgewoon, tog het Hy haar gekies vir 'n buitengewone taak. Sy was nie van koninklike afkoms nie en sy was nie beroemd nie, maar vir God was sy nie doodgewoon nie. Hy het haar hart geken. 'n Gewillige hart wat ten volle aan Hom gehoorsaam is. Dit is die nederige kwaliteite wat Maria laat uitstaan het vir 'n buitengewone missie — die missie om ma te wees vir God se Seun. 


In God se lieflike plan — wat Hy al van die begin af gehad het, nog voordat Hy die wêreld geskep het — het hy hierdie jong meisie gekies. Hy het ook die spesifieke tyd en plek gekies om Homself na ons toe te bring, Emmanuel. Hy kon in enige vorm gekom het, selfs op die wolke, soos Hy eendag gaan, maar Hy het gekies om die wêreld in te kom as 'n nederige, hulpelose baba — ten volle mens en ten volle God.  


God het Maria gekies om sy ma te wees.


Ma-wees, die tipiese, doodgewone roeping vir menige vroue. Alhoewel hierdie mamma se taak magtig was oor Wie sy gedra het, is haar lewe nie meer betekenisvol as joune nie. 


Maria was buitengewoon, so ook is jy. Op dieselfde manier wat God 'n spesiale mens gekies het om ma te wees vir sy Seun, het Hy jou spesiaal gekies om ma te wees vir jou kinders. Haar lewe was nie deur toeval of ’n onbeplande en onbeheerde kosmiese ongeluk teweeggebring nie, jou lewe ook nie. Ons kan met Maria identifiseer en deur haar lewe van geluk en hartseer, lag en verlange, geloof en vrees leer. Sy was 'n ma, net soos wat ek en jy ook mammas is. 


Voor die begin van tyd het God jou lewe beplan. Almal wat voor jou gekom het — jou erfenis, jou nalatenskap, en jou ontstaan — het saam gewerk om jou in hierdie spesifieke oomblik en plek in die geskiedenis te kry. Hy het geweet dat hierdie die beste plek en tyd vir jou is om Hom te ken en vir jou lewe om 'n beeld te wees van sy heerlikheid en goedheid, veral in jou kinders se lewe. 


God ken jou net soos wat Hy Maria geken het, en Hy het vir jou 'n lewe vol goedheid en genade beplan. Glo jy dit?


Vader, help my om u vingerafdrukke, wat my tot by hierdie punt in my lewe gebring het, oral raak te sien. Help my, om deur die krag van u Heilige Gees, alles wat U vir my beplan het met ope arms te aanvaar, selfs die moeilike. Ek rig my hart op U en ek kies om te glo dat u goedheid en guns met my — u dogter — is, net soos wat dit met Maria was. 


Miskien het jy nie 'n wonderlike kindertyd gehad nie. Mag jy vertroosting vind in vandag se Skrifgedeelte dat selfs Jesus afkomstig is van 'n lang lyn van gebroke mense. 


Oorweeg om Die Boodskap vertaling te gebruik vir vandag se Skrifgedeelte.


 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Mary Was a Mom

Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hie...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://tinyurl.com/ybn82y4a

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid