Leesplan inligting

Maria Was 'n MaVoorbeeld

Mary Was a Mom

DAG 3 VAN 7

Kan jy jouself indink waardeur Maria alles moes gaan nadat sy die nuus ontvang het dat sy swanger is? Het mense haar agter af sleg gesê? Het ander mense, selfs haar eie familie, haar veroordeel as gevolg van haar omstandighede? Het sy haar vriendinne verloor? Het sy onder veroordelende gedagtes van ander geleef dat oulike, ongetroude meisies nie swanger word nie?


Josef — wonderlike Josef — hy het geweet dat sy 'n baba verwag, ook dat dit nie sy kind is. Dis 'n goeie ding dat die engel aan hom ook verskyn het! (Matteus 1).


Hoe dink jy moes dit voel om die emosionele bagasie te dra van hierdie wonderwerk? 


Tog deur alles wat Maria gedink en voel het, het sy 'n liedjie geskryf! 


Ek is seker ek sou nie só reageer het nie, maar hierdie meisie lê al haar vrae en probleme voor God se voete neer en loof en prys Hom tussen deur al die oorweldigende omstandighede. 


Dis 'n pragtige liedjie! Lees dit in Lukas 1:46-55. Sy skuif haar fokus weg van haarself af en fokus op God — wie Hy is en wat Hy al gedoen het. Haar geloof — haar gehoorsaamheid in aksie — het haar vrese verwyder. Sy word met dankbaarheid oorweldig en nie met angs nie. Wat 'n wonderlike verandering! Sy het sekerlik hierdie liedjie baie gesing as 'n herinnering:


“My gees jubel oor God ... 


Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien…


Kragtige dade verrig hy …” (AFR20)


Wat is die liedjie wat jy vandag sing? Skryf dit neer as 'n verklaring vir jouself wat jy kan gebruik om die oorweldigende omstandighede in jou lewe te beveg. 


Vader! Laat ek op U fokus in plaas van op my omstandighede. Laat my eie verklarings wees na u goedheid en guns, wetend dat my woorde ontstaan uit die dieptes van my hart. Laat my geloof en vertroue in U al my vrese wegstoot!


Oorweeg om die "Die Bybel 2020-vertaling" (AFR20) te lees vir vandag se Skrifgedeeltes.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Mary Was a Mom

Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hie...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://tinyurl.com/ybn82y4a

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid