Leesplan inligting

Liewe Verslawing ...Voorbeeld

Dear Addiction...

DAG 5 VAN 5

  


Dag 5: Nuwe Fondament


Al ons foute en vergrype en al die maniere waarop ons gefaal het gedurende ons verslawing hoef nie langer mag oor ons te hê as ons onsself aan God en die herstelproses oorgee nie. 'n Nuwe fondament word gelê wanneer ons voortgaan om elke regte tree te neem.


Ons fondament moet op iets standvastig gebou word, anders gaan ons sondes ons altyd gevange hou. Ons gee erkenning aan die krag wat ons vernuwe wanneer ons vir Jesus en herstel "ja" sê. Die Bybel sê iemand wat aan Christus behoort is 'n nuwe mens. Dit beteken dat ons nuwe gedagtes dink in plaas van die ou leuens, dat ons beter besluite kan neem en spanningsvolle situasies op gesonde maniere hanteer in plaas daarvan om te gryp na dwelmmisbruik, drank, ooreet, dobbelary, of enige ander gedrag waarop ons staatgemaak het om die pyn te stil.


God wil nie hê jy moet net 'n mooi nuwe lewe hê nie — Hy wil vir jou oorvloed in jou herstel gee! Deur sy Woord en beloftes deel van jou nuwe fondament te maak, is hoe jy krag en stamina bou om die lewensstorme te weerstaan wanneer hulle kom. Hulle sal beslis weer kom. As jou nuwe fondament nie op die Woord van God gebou is en jy werk aan jou indiwiduele herstelprogram nie, mag jy dalk net uitvind dat jou huis in duie stort met die eerste teken van sterk winde.


Dit is nou tyd om te herbou; maak net seker jy bou jou huis op die Rots.


 


Vir meer inligting oor STORM (Strategic Treatment Options and Recovery Ministries) Inc., besoek gerus die webtuiste www.storminc.org


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dear Addiction...

"Liewe Verslawing ..." is 'n 5-dag leesplan wat na verslawing kyk vanuit 'n Bybelse standpunt. Die Woord bied soveel insig en krag in ons stryd. Ons bid dat hierdie leesplan vertroosting sal bring en jou deur die herstel...

More

Ons wil graag vir George and Meredith Shafer, mede-stigters van STORM Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle vir verdere inligting by http://www.storminc.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid