Leesplan inligting

Liewe Verslawing ...Voorbeeld

Dear Addiction...

DAG 1 VAN 5

  Dag 1: Inleiding



Genesing is vir almal.


Of jy herstel van dwelm- of alkoholmisbruik, eetsug of pornografie, dobbelary of trauma, as jy hierdie lewe lank genoeg leef, sal jy die behoefte aan herstel nodig hê.


Gedurende die volgende vyf dae van Liewe Verslawing, gaan ons 'n paar kwessies bespreek wat met herstel gepaardgaan. Ons bid dat hierdie leesplan jou sal bemoedig op jou indiwiduele pad, of dit is om meer uit te vind oor genesing, of om nuwe lewe in jou langtermyn-herstel te blaas.


Ons verstaan hierdie wêreld heeltemal omdat ons ook al daardeur was. Ons ken die aantrekkingskrag van die goeie tye van verslawing en ook die verskuiwing wat plaasvind wanneer dit nie meer lekker is nie. Ons het ons algehele laagtepunt bereik en gesien hoe God ons lewens weer opbou op 'n nuwe, sterker fondament. Ons het die reus van potensiële terugslae in die gesig gestaar. Deur dit alles is ons oorwinnaars weens die hoop wat in Christus gestel is en die woord van ons getuienis.


Genesing gebeur elke dag wanneer ons onsself oorgee aan die Een wat ons kan verander: Jesus Christus. Ons is hier om die pad met jou te loop, vir jou die hoop te gee wat in die Woord van God gevind word, en jou te bemoedig dat genesing moontlik is.


Dit maak nie saak waar jy begin, of wat jy in jou verslawing gedoen het nie, dit maak nie saak wat met jou gebeur het of hoe jy op hierdie oomblik voel nie, nou is die regte tyd. Dit is die regte plek. Herstel en opstanding is moontlik omdat ons 'n God dien wie se asem lewe gee aan droë bene, waterstrome in die woestyn laat ontstaan, paaie aanwys in die wildernis en die dooies opwek.


Die herstelprogram is hoe ons grond van die vyand terugneem, hoe ons regstel vir die keuses wat ons in ons verslawing gemaak het, en hoe ons die hande en voete van Jesus word om van ons herstel af te gaan om die koninkryk van God te bou in ander mense se herstel.


Herstel is die moeite werd, en so is jy.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dear Addiction...

"Liewe Verslawing ..." is 'n 5-dag leesplan wat na verslawing kyk vanuit 'n Bybelse standpunt. Die Woord bied soveel insig en krag in ons stryd. Ons bid dat hierdie leesplan vertroosting sal bring en jou deur die herstel...

More

Ons wil graag vir George and Meredith Shafer, mede-stigters van STORM Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle vir verdere inligting by http://www.storminc.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid