Leesplan inligting

Liewe Verslawing ...Voorbeeld

Dear Addiction...

DAG 2 VAN 5

  


 


Dag 2: Goeie Tye


Ons het darem al goeie tye gehad, nie waar nie?


Die meeste van ons herstellende verslaafdes het 'n paar goeie herinneringe van ons lewe toe ons nog verslaafdes was. Dit kan natuurlik eintlik gesê word van enige tydperk in mens se lewe. 


Ongelukkig kan ons persoonlike ontwikkeling belemmer word as ons aan daardie goeie tye vashou of daardie eerste dwelmroes najaag. Paulus het dit die beste beskryf in 1 Korintiërs 13:11: "Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind."


Dit was nooit die bedoeling om vir altyd in een fase van die lewe te bly nie. Dit is belangrik dat ons wat in die herstelproses is, stapsgewys ons riglyne volg, om te streef na eerbare herstel van ons verwoesting en uit te sien na genesing. Dit is uiters noodsaaklik dat ons veral in die eerste paar dae van herstel, ons ingesteldheid weerhou van ons verlede tot op die regte tyd en plek. 


Onthou, ons kan altyd ons onbekende toekoms in 'n bekende God se hande plaas. Hy sê vir ons in Jeremia 29:11: "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!" Dit is nie net 'n woord van bemoediging of positiewe gedagtes nie — dit is 'n verklaring van die Skepper self. 


“Net vir vandag” is 'n herhalende tema in ons herstelproses wat ons oor en oor gaan besoek. As jou een voet nog in gister vasgevang is en jou ander voet in môre, gaan jy geen belegging in die hede kan maak nie. Vandag is die dag wat God gemaak het, en wie weet, miskien is dit juis vandag wat jy die lewenslange herinneringe gaan begin bou waarna jy nog altyd streef!


   


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dear Addiction...

"Liewe Verslawing ..." is 'n 5-dag leesplan wat na verslawing kyk vanuit 'n Bybelse standpunt. Die Woord bied soveel insig en krag in ons stryd. Ons bid dat hierdie leesplan vertroosting sal bring en jou deur die herstel...

More

Ons wil graag vir George and Meredith Shafer, mede-stigters van STORM Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle vir verdere inligting by http://www.storminc.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid