Leesplan inligting

Liewe Verslawing ...Voorbeeld

Dear Addiction...

DAG 3 VAN 5

  


 


Dag 3: Die Skuif


Die lokaas en die omruil. Dit is werklik die een taktiek wat in alle soorte sonde gebruik word. Ons kom in versoeking met beloftes van pret, bevrediging en vrede, maar ons weet al drie hierdie dinge word in die Woord gevind. Alles wat hierdie wêreld bied is sintetiese namaaksels van die werklikheid.


Dit kanselleer egter nie die houvas wat verslawing oor ons het nie. Kennis is net iets werd as ons dit toepas. 


Weet jy hoe banktellers leer om vervalste note te identifiseer? Nuwe tegnologie en slimmer kriminele maak dit al meer ingewikkeld om vervalste note uit te ken. Banke stuur voortdurend memorandums uit met inligting oor nuwe tendense van vervalsings en hulle het 'n lys van bekende oortreders. Die kern van wat hulle leer, is egter gevestig op die werklike banknote. Banktellers is so bekend met die verskillende rand note omdat hul daagliks daarmee werk, dat hulle dadelik kan raaksien as iets vreemd lyk. 


Ons kan 'n waardevolle les hieruit leer op ons geestelike pad na nugterheid. Romeine 12:2 sê: "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


Gedurende ons herstel word ons gedagtes letterlik herskep, ons leer hoe om die lewe op sy terme te hanteer. Ons raak so bekend met die egtheid van die Woord van God en sy liefde dat ons dadelik die vyand kan herken.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dear Addiction...

"Liewe Verslawing ..." is 'n 5-dag leesplan wat na verslawing kyk vanuit 'n Bybelse standpunt. Die Woord bied soveel insig en krag in ons stryd. Ons bid dat hierdie leesplan vertroosting sal bring en jou deur die herstel...

More

Ons wil graag vir George and Meredith Shafer, mede-stigters van STORM Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle vir verdere inligting by http://www.storminc.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid