Leesplan inligting

Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige GebedeVoorbeeld

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

DAG 6 VAN 7

Om dit Eerstehands te Hoor



As jy God vertrou om jou enigste Raadgewer te wees kan jy verseker weet dat jy die regte paaie vir jou lewe sal kies.



Dit is die waarheid: Jesus het nie die kruisdood gesterf sodat Hy voortaan deur iemand anders of deur 'n boek of fliek met jou kan praat nie. Hy het gely sodat jy Hom intiem kan leer ken. Die sondeval het die kommunikasie tussen God en die mens verbreek, maar Jesus het gekom om dit te herstel. Hy het gekom sodat Hy direk en kragtig met jou kan praat. Die Bybel stel dit baie duidelik in Hebreërs 4: 16: "Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word." Dit sê nie dat ons na die troon moet gaan en agter 'n menslike tussenganger moet skuil nie.



Dit is so 'n mooi en aangrypende vers. God sit op 'n genadetroon. Dit bied aan jou wat jy nodig het en laat jou toe om genade te ontvang. As jy wonder waarheen genade uit jou lewe verdwyn het, wees verseker dat jy dit by God se troon kan vind.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

Delf in die avontuur van 'n lewe met gebed. Sluit aan by Pastoor Adam Stadtmiller op 'n reis waar jy sal leer hoe om vir groot dinge te bid – jou olifante – onderwyl jy groter intimiteit met God bereik. Hierdie 7-dag pla...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/praying_for_your_elephant/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid