Leesplan inligting

Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige GebedeVoorbeeld

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

DAG 5 VAN 7

Verborge Skat



In Jakobus staan: "Julle het nie, want julle vra nie." Om hierdie Skrifgedeelte te verduidelik moet ek 'n verhaaltjie vertel. Daar was 'n seuntjie wat oor die hemel gedroom het. In die droom neem God hom na 'n kamer toe. In die kamer is daar verskeie materiële besittings soos motors, huise en ander goed wat 'n mens daagliks nodig het. Daar was ook vreemde dinge soos oë, bene, hande en voete in die kamer. Hulle het in groot hope in die hoeke van die vertrek gelê. Die seuntjie wou weet wat dit alles beteken. God antwoord toe: "Dit is al die antwoorde op gebede wat nooit gebid is nie."



Al is dit 'n fiktiewe verhaaltjie het dit nogtans 'n diepgaande boodskap. Die morele les in die verhaal is korrek volgens die Skrif. Mense het nie al die dinge wat God vir hulle wou gee nie, omdat hulle nooit daarvoor gevra het nie.



God se antwoord op gebede wat nooit gebid is nie is net soos skatte wat op die bodem van die see lê en verborge en verlore is. Wat van jou? Lê sommige skatte vir jou lewe saam met die Spaanse seilskepe op die bodem van jou lewenssee en wag om deur gebed opgediep te word? Verbeur jy sekere dinge wat God vir jou wil gee, net omdat jy nooit daarvoor gevra het nie?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Praying For Your Elephant - Praying Bold Prayers

Delf in die avontuur van 'n lewe met gebed. Sluit aan by Pastoor Adam Stadtmiller op 'n reis waar jy sal leer hoe om vir groot dinge te bid – jou olifante – onderwyl jy groter intimiteit met God bereik. Hierdie 7-dag pla...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/praying_for_your_elephant/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid