Leesplan inligting

Hou Op Om Kerk Toe Te GaanVoorbeeld

Stop Going To Church

DAG 5 VAN 5

Rede Nr. 5 om kerkbesoek te staak: Eerlikwaar, die kerk is nie 'n plek wat lukraak "sommer net besoek" kan word nie. Daar gaan 'n tyd kom wat die kerk jou gaan vra om die gemeenskap te dien, met kinders te help, om ander mense te leer ken, selfs ander mense te help, mense te verwelkom, jou vriende uit te nooi, om te gee, om vir iemand 'n mentor te wees en om ander van Jesus te vertel.


Rede Nr. 5 om die kerk te word: Ons gaan nie kerk toe nie — ons is die kerk en ons is op pad iewers heen. By Life.Church, sê ons: "Ons is nie geestelike gebruikers nie. Ons is geestelike medewerkers. Ons is die kerk en ons bestaan vir die wêreld.” Hoekom begin om die kerk wees? Omdat Jesus ons gevra het. Om die Woord van God te hoor en dit nie toe te pas nie, is nie 'n goeie kombinasie nie. Omdat die wêreld die kerk nodig het: regte mense soos jy wat Jesus tot in kletskamers sal volg, na gemeenskappe, in die werkplek, gesinskamers, koffiewinkels en tot in kerkgeboue.


Is jy nog nie oortuig nie? Kyk na Pancho se verhaal.



Bid: Vader, ek dank U vir u uitnodiging om deel te wees van u kerk. Jesus, vergewe my vir die kere wat ek die kerk, u liggaam, verkleineer het deur te dink dis net nog 'n plek om te besoek. Heilige Gees, bemagtig my om u werk te doen as deel van 'n kerk — deur die kerk — in die wêreld. Amen.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Stop Going To Church

Miskien is daar 'n rede dat jy soms wonder hoekom Christene kerk toe gaan. Miskien was kerk nie bedoel om net nog 'n besoekpunt te wees nie. Of jy deur kerk uitgeput is of net wonder waar jy inpas, is dit 'n wonderlike g...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid