Leesplan inligting

Hou Op Om Kerk Toe Te GaanVoorbeeld

Stop Going To Church

DAG 3 VAN 5

Rede No. 3 om kerkbesoek te staak: Dit word eienaardig. Daar is soms eienaardige mense in die kerk. Hulle glimlag vir jou. Dit lyk asof hulle jou wil leer ken. Hulle gee hulle geld en tyd om in die kerk en in hul gemeenskappe te help en te dien. Niemand is sommer net so vriendelik nie, of hoe? Hulle denkwyse is dalk anders as joune, of miskien baie soos joune. Dit is miskien moeilik om te verstaan, maar wanneer mense eienaardig optree, is dit regtig 'n rede om kerkbesoek te staak.



Rede No. 3 om die kerk te word: Ons is almal eienaardige wesens. Ons kerk is eienaardig, want dit bestaan uit mense. Kom ons wees eerlik — ons is almal op een of ander manier eienaardig. Dit is ook goed, want om eerlik te wees, werk normaal eintlik vir niemand nie. Soos met die Jode en die heidene in die vroeë kerk, is die verskille wat ons vir mekaar eienaardig maak, dalk juis die rede hoekom ons bymekaar pas. Ons kerk is op pad iewers heen want ons almal is eienaardige wesens, gebroke, vrygespreekte mense met 'n belaglike geloof wat God se wonderlike genade gevind het. Weet jy wat anders ook vreemd is? Om kerk by te woon sonder om deel daarvan te wees.



Bid: Vader, wys my of daar vrees, seerkry of enigiets is wat my daarvan weerhou om deel van my kerk te word. Wat is die volgende stap om meer betrokke te raak? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Stop Going To Church

Miskien is daar 'n rede dat jy soms wonder hoekom Christene kerk toe gaan. Miskien was kerk nie bedoel om net nog 'n besoekpunt te wees nie. Of jy deur kerk uitgeput is of net wonder waar jy inpas, is dit 'n wonderlike g...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid