Leesplan inligting

Om God se Beloofde Rus Binne te Gaan – Jesus is Groter Reeks #2Voorbeeld

Entering God's Promised Rest - Jesus Is Greater Series #2

DAG 6 VAN 8

Die Rol van Aäron die Priester 


Gedagtes aangaande die Woord



Wat is die rol van 'n priester?



Die priester is die een wat namens die volk voor God gaan staan. Hy offer die gawes en offers aan God vir die sondes van die mense. Hy doen dit met 'n duidelike begrip. Die mislukkings van die mense wat onder die priester dien, weerspieël sy eie mislukkings. Hy moet dus eers offers bring vir sy eie sondes, dan kan hy die behoeftes van die mense in wie se diens hy staan, doeltreffend hanteer. 'n Priester is dus medelydend en sagmoedig met sondige mense.



Priesters van Israel het nie self daardie verantwoordelikheid aanvaar nie – God het dit aan Aäron en sy kinders toegeken. Aäron het dus die tekortkominge van die mense verstaan – hy was geensins anders nie; hy was net die een vir wie God aangestel het om as priester te dien. Ons moet net so wees – help mense om vergifnis by God te vind, want ons het ook vergifnis nodig. Ons verstaan hulle mislukkings want ons misluk ook. Ons help hulle vergifnis soek, want ons het ook vergifnis nodig.



Tyd vir Gebed



Vader, vandag sien ek die uitdaging om iemand te wees wat geroep is om mense te help wanneer hulle na U toe kom vir vergifnis – maar ek het dieselfde behoefte. Soos Aäron, moet ek eers my eie mislukkings hanteer en dan ander help om hul mislukkings te hanteer. Ek kan nie toelaat dat sonde onopgelos in my lewe bly nie, want ek kan nie toelaat dat dit my hart verhard nie. Anders sal ek nie ander mense kan help wanneer hulle na U toe kom vir vergifnis nie. Net soos Aäron, het U ons geroep om priesters te wees vir die wêreld om ons – om die deur oop te maak vir die wêreld om na U te kom vir vergifnis. Ek bid dat U vir ons begrip sal gee. Help ons vandag. Gee ons die vrymoedigheid om ons mislukkings te hanteer. Gee ons u genade om gebroke mense om ons te hanteer en hulle na U toe te bring vir vergifnis. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Entering God's Promised Rest - Jesus Is Greater Series #2

Wat is rus? Wat beteken dit om in God se rus in te gaan? Waarvan rus ons nou eintlik? Terwyl ons die reis onderneem deur Deel Twee wat Nege leesplanne met oordenkings deur die boek Hebreërs bevat, leer ons hoe God rus de...

More

Baie dankie aan Al Ain Evangelical Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://aaec.ae/jesus-is-greater

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid