Leesplan inligting

Om God se Beloofde Rus Binne te Gaan – Jesus is Groter Reeks #2Voorbeeld

Entering God's Promised Rest - Jesus Is Greater Series #2

DAG 5 VAN 8

Jesus – die Genadige en Deernisvolle Priester 


Gedagtes aangaande die Woord



Die laaste paar dae was moeilik. Ons het gesien dat God sonde in 'n ernstige lig sien. Vandag sien ons hoe sagmoedig Hy is teenoor die sondaar wat vergifnis soek. Hy is 'n sagmoedige Priester wat weet hoe swak ons is, hoe maklik ons misluk, hoeveel genade ons nodig het en hoe dikwels ons terugkom vir hulp. Hy is ook elke keer sagmoedig teenoor ons!



Boonop verstaan Hy ons ook. Ons stryd, ons swakhede, die versoekings wat ons elke dag in die gesig staar. Hoe kan God regtig die stryd verstaan wanneer Hy volmaak en almagtig is? Hy verstaan dit omdat Jesus alles verduur het wat ons deurgaan. Jesus weet. Wat 'n wonderlike en vertroostende gedagte. 



Moet nooit vergeet dat God aan ons kant is nie; dat God altyd daar is met vergifnis; dat Jesus 'n priester is wat by God vir ons intree. 



Moet nooit vergeet nie.



Tyd vir Gebed



Vader, dit is maklik om op u genade te fokus en nie die prys van sondige gedrag te besef nie. Of om te fokus op u maatstaf van geregtigheid en nie sien hoe sagmoedig U met u vergifnis is nie. Saam gee beide vereistes vir ons 'n blik op u hart. 



Vader, ek is so dankbaar vir u genade. Wat sal ek ooit daarsonder kan doen? Ek sou sterf. In plaas daarvan kry ek herhaalde kanse om my mislukkings reg te maak. Ek kry 'n Priester wat saam met my deur vergifnis stap en dit met genade doen. Vader vandag vra ek 'n hart soos U s'n om mense wat my faal, in liefde te hanteer. Daar is geen groter seën as om so 'n hart te hê nie. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Entering God's Promised Rest - Jesus Is Greater Series #2

Wat is rus? Wat beteken dit om in God se rus in te gaan? Waarvan rus ons nou eintlik? Terwyl ons die reis onderneem deur Deel Twee wat Nege leesplanne met oordenkings deur die boek Hebreërs bevat, leer ons hoe God rus de...

More

Baie dankie aan Al Ain Evangelical Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://aaec.ae/jesus-is-greater

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid