Leesplan inligting

Om God se Beloofde Rus Binne te Gaan – Jesus is Groter Reeks #2Voorbeeld

Entering God's Promised Rest - Jesus Is Greater Series #2

DAG 2 VAN 8

Moenie Toelaat dat Sonde ons Harte Verhard nie 


Gedagtes aangaande die Woord


Hierdie is die tweede waarskuwing in Hebreërs. 


Wees versigtig, sonde sal jou hart verhard. 'n Harde hart verhoed dat jy in geloof reageer wanneer dinge moeilik raak – ons sal met ons menslike wysheid (en dikwels menslike selfsug) reageer. Dit neem tyd vir 'n hart om te verhard. Ons harte verhard wanneer ons in ongehoorsaamheid wandel en 'n lewe lei wat nie bekering en vergifnis soek nie. 


Ons begin met 'n hart wat die oortuiging van die Gees aanvoel, maar met verloop van tyd por die oortuiging ons nie aan soos voorheen nie. Ons voel nie meer die skaamte van ongehoorsaamheid nie. Uiteindelik voel ons nie eens meer dat ons ongehoorsaam is nie. Ons regverdig ons dade en voel dat ander die eintlike probleem is. Ons harte is verhard.


Die gevolge? Jy sal nie die rus binnegaan wat God vir jou wil gee nie. Israel het nie die beloofde land binnegegaan as gevolg hiervan nie. Hulle moes vir 40 jaar in die woestyn rondswerf. 


Watter prys betaal ons wanneer ons Jesus en sy woorde verwerp as gevolg van sonde in ons lewens? Ons leef ons lewe sonder God se rus.


Tyd vir Gebed


Here, ek vergeet hoe ernstig sonde is. Wanneer ek ongehoorsaam is, word my hart so hard dat ek dit moeilik vind om U en u woorde te hoor en na te volg. Ek is geensins anders as hierdie mense nie. Vader, U vergewe so maklik dat ek vergeet hoe ernstig U sonde beskou. Ek vergeet hoe sonde my beroof van u seën en u rus. Plaas vandag 'n wag voor my mond sodat niks wat ek sê vir U oneer sal aandoen nie. Plaas 'n lied in my hart vir U sodat my hart nie fokus op die wonde wat mense my toedien nie. Gee my oë om ander te sien soos U hulle sien – u kosbaarste skepping. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Entering God's Promised Rest - Jesus Is Greater Series #2

Wat is rus? Wat beteken dit om in God se rus in te gaan? Waarvan rus ons nou eintlik? Terwyl ons die reis onderneem deur Deel Twee wat Nege leesplanne met oordenkings deur die boek Hebreërs bevat, leer ons hoe God rus de...

More

Baie dankie aan Al Ain Evangelical Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://aaec.ae/jesus-is-greater

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid