Leesplan inligting

Om God se Beloofde Rus Binne te Gaan – Jesus is Groter Reeks #2Voorbeeld

Entering God's Promised Rest - Jesus Is Greater Series #2

DAG 1 VAN 8

Getrou in God se Huis  


Gedagtes aangaande die Woord



Dink oor Jesus



Ons kom twee getroue mense teë – Moses en Jesus. Die een getrou as dienskneg, die ander as 'n seun. 'n Groot verskil! 'n Seun bou 'n huis en die dienskneg werk daarin.



Ons taak is nie om die bouer te wees nie; ons taak is om getrou te werk. Jesus bou terwyl ons werk. Wanneer ons probeer om die bouwerk te doen, probeer ons om Jesus se werk te doen en ons gaan faal. 



Wat moet ons doen? Getrou dien. Laat Jesus vir die res sorg.



Die angswekkende deel? Ons is slegs getrou in sy huis — ons is egter die huis. Hy is besig om hierdie pragtige huis te bou en dit is ons.



Tyd vir Gebed



Vader, help my om getrou in u huis te wees. U het 'n eenvoudige taak vir my en ek wil daarin getrou wees. Per slot van sake is ons die huis — u mense. U huis funksioneer pragtig wanneer ons getrou is. Dit is my bede. Wanneer ons getrou saamwerk, bou ons 'n huis wat Jesus gelukkig maak. Help my dus om getrou te wees. Help my om andere te help om getrou te wees. Help my om nie te probeer om die bouer te wees nie. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Entering God's Promised Rest - Jesus Is Greater Series #2

Wat is rus? Wat beteken dit om in God se rus in te gaan? Waarvan rus ons nou eintlik? Terwyl ons die reis onderneem deur Deel Twee wat Nege leesplanne met oordenkings deur die boek Hebreërs bevat, leer ons hoe God rus de...

More

Baie dankie aan Al Ain Evangelical Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://aaec.ae/jesus-is-greater

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid