Leesplan inligting

Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste LeweVoorbeeld

Holy Hustle: Embrace A Work-Hard, Rest-Well Life

DAG 9 VAN 10

Wonder jy ooit of jy die regte ding doen? Of jy regtig is waar God jou wil hê? Of daar iets meer of anders of beter of groter is vir jou? Of dalk wonder jy of die koste van jou roeping die oomblikke werd is wanneer jy voel jy mis iets.



Soveel oomblikke in die lewe voel of ons in 'n kamer is waar al die ligte af is en ons struikel rond om 'n ligskakelaar, 'n kers of 'n flitslig te vind om ons pad te vind. In daardie oomblikke moet jy God vertrou. Gryp sy uitgestrekte hand styf vas en glo dat Hy jou veilig na die volgende deur gaan lei wat Hy vir jou gereedgemaak het. Die duisternis hoef nie vreesaanjaend te wees as ons saam met die Lig van die Wêreld kan wandel nie.



Maar die vrae wat jy jouself afvra, is heel geldig. Jy hoef nie skaam te voel oor jou vrese en bekommernisse nie. As ons almal saam kon sit om oor ons werk, ons passies en ons geloof te praat, sou ek verbaas wees as iemand sê hulle lewe het presies uitgewerk soos hulle beplan het. Wat sou jy aan 'n vriendin aan tafel sê wat daardie vrae het? Sou jy vir haar sê sy is reg, en dat sy waarskynlik net moet handdoek ingooi?



Ek hoop nie so nie.



Ons sal haar liefhê en saam met haar bid. Ons sal haar bemoedig en maniere vind om haar te vertel dat dit wat sy doen goed en waardig en waardevol is. As sy in haar gees weet dat dit is waar God haar in hierdie lewenstydperk wil hê, is dit nie 'n fout nie.



Ek sal jou vertel hoe sterk ek glo dat God in die gewoonte is om die nederige te neem en dit heilig te maak en dat gehoorsaamheid (nie grootte, roem of erkenning) belangrik is vir die impak wat ons deur ons koninkrykswerk maak.



God is getrou in alles wat Hy doen. Waar jy is, wat jy doen, en die mense naaste aan jou, hulle vir wie God jou gevra het om te dien, is nie foute nie. Die uitdagings, teleurstellings en mislukkings is nie foute nie.



God sal elke stukkie van ons verhaal gebruik tot sy glorie.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Holy Hustle: Embrace A Work-Hard, Rest-Well Life

Balans. Dit is waarna ons in ons lewens verlang as ons die geroep "werk harder!" in een oor hoor, en 'n fluistering om "meer te rus" in die ander oor. Wat as God se plan vir ons nie net die een óf die ander manier is nie...

More

Baie dankie aan Crystal Stine en Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/holy-hustle-9780736972963

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid