Leesplan inligting

Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste LeweVoorbeeld

Holy Hustle: Embrace A Work-Hard, Rest-Well Life

DAG 10 VAN 10

Rus is vir my moeilik, omdat my natuurlike neiging is om haastig te wees en na hoër te strewe. Ek het lank genoeg met my foute geleef om te verstaan dat, diep in my wese ek glo as ek nie werk nie, ek misluk. En as ek misluk, is ek waardeloos. Maar met dieselfde asem glo ek dat ons God in ons werk kan dien, en ek glo ook dat ons Hom eer wanneer ons rus.



Ons moet rustig raak, tyd met die Woord deurbring en stil genoeg word om God se stem te hoor, sodat ons beter toegerus is om die werk te doen wat Hy ons vra om te doen. As ek 24/7 probeer om sonder rus klaar te kom, brand ek nie net uit nie, verwaarloos ek nie net my gesin nie of is ek nie net 'n swak rentmeester van my gesondheid nie, maar begin ek haastige besluite neem op grond van my agenda en drome, in plaas daarvan om na God se stil leiding te luister.



Charles Swindoll het geskryf: "God het ons nooit gevra om aan die druk en eise van die lewe toe te gee op eie voorwaardes nie, of deur op ons eie krag staat te maak nie. Hy het ook nie gevra dat ons sy guns wen deur 'n indrukwekkende portefeulje van goeie dade nie. Inteendeel, Hy nooi ons om in Sy rus in te gaan."



God het hard gewerk, gerus en dit heilig genoem.



Ons word genooi om saam met Hom in daardie rus in te gaan, want in daardie oomblikke kan ons ons laste neerlê, in Hom bly en doen wat Hy ons geskep het om te doen, om ons siele vir die dae op hande te verfris.



My begrip van rus was altyd iemand wat op die bank sit en sinneloos peuselhappies verorber terwyl hy televisie kyk. Ek het gedink dat ek daardie aftyd verdien het, dat om niks te doen die manier was waarop ek moes ontspan. Ek het egter dikwels meer uitgeput gevoel, naar van al die suiker wat ek verorber het, en heeltemal ongemotiveerd om enigsins iets te doen. 



Mag ek 'n mite vir jou ontrafel? Vir elkeen lyk rus anders. Ek het vriende wat energie opbou deur 'n lang oggenddraffie, waar hulle alleen kan wees met hul gedagtes, gebede en die sypaadjie. Ek het ander vriende wat verfris word deur mense na hulle huis te nooi om lekker te eet en te gesels. Jy kan dalk vind dat jy op jou beste rus wanneer jy 'n boek lees, kuns skep, musiek speel of tuinmaak.



God het ons met soveel sorg geskep dat dit geen verrassing behoort te wees dat ons rus so uniek soos ons werk kan wees nie.



 


* * *


As jy hierdie oordenkings, aangepas uit"Holy Hustle: Embracing a Work-Hard, Rest-Well Life"deur Crystal Stine, geniet het en meer wil uitvind hoe om God se doel vir jou lewe te ontdek, besoek href="https://amzn.to/2I3ow1d"> https://amzn.to/2I3ow1d .  


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Holy Hustle: Embrace A Work-Hard, Rest-Well Life

Balans. Dit is waarna ons in ons lewens verlang as ons die geroep "werk harder!" in een oor hoor, en 'n fluistering om "meer te rus" in die ander oor. Wat as God se plan vir ons nie net die een óf die ander manier is nie...

More

Baie dankie aan Crystal Stine en Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/holy-hustle-9780736972963

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid