Leesplan inligting

Heilige Gejaag: Koester 'n Hardwerkende, Uitgeruste LeweVoorbeeld

Holy Hustle: Embrace A Work-Hard, Rest-Well Life

DAG 5 VAN 10

Ek het Rut se verhaal al vele male vantevore in die Bybel gelees, maar een Sondag het ek iets onverwags opgemerk. Rut het nie net die nodige gedoen om te oorleef nie. Sy het gejaag. Sy het hard gewerk, met respek, sy het gerus wanneer dit nodig was, en die werk afgehandel wat sy moes doen. Sy het tot die aand toe gewerk en 13 kg koringare opgetel om vir haar en Naomi te sorg. Rut het opgedaag vir werk, en deur haar lewe het God 'n plan gemaak wat sou lei tot haar huwelik met Boas en haar plek in die stamboom van Jesus.



Dit is heilige gejaagdheid. Rut was nie gemotiveer deur gewildheid of erkenning nie. Om koringare bymekaar te maak was harde werk. Dit was nie spoggerig of spesiaal en het nie erkenning afgedwing nie. Dit was nederig. Rut se werk het nogtans betekenis en 'n doel gehad, en ek glo ons ​​s'n ook.



Wat sou gebeur het as Rut in die huisie wat sy met Naomi gedeel het, rondgekyk en meer gefokus het op wat hulle kortkom, as wat sy kon bied? Wat as Rut uitgegaan het om werk te soek wat haar belangrik sou maak in plaas daarvan om die werk te doen wat haar presies sou plaas waar God haar wou hê? Sy kon die oes heeltemal mis, sowel as die seëninge wat God haar wou gee toe Hy haar verlos het.



Dit kan moeilik wees om uit te gaan en die harde werk te doen wat God ons geroep het om te doen. Miskien word jy gevra om te dien in 'n werkplek waar God nie geëer word nie, en jy voel soos 'n vreemdeling in 'n vreemde land. Of dalk het God jou na 'n nuwe plek gebring, en jou drome om belangrike werk te doen, wat erkenning en bekendheid sal bring, is vervang met 'n oproep om op 'n baie kleiner manier te dien. Miskien het jy getrou gedien in 'n rol wat jy liefhet, maar jy voel gefrustreerd, omdat jy nie die vrug van jou werk sien nie.



As ons ophou probeer en begin om te dien, begin ons om God te vertrou om te oes wat ons getrou plant. Die vriendelikheid wat jy na jou werkplek bring, kan die enigste ding wees wat iemand nader aan God trek. Die liefde wat jy aan ander bewys in die klein, onopsigtelike, getroue plekke, mag die trapklip wees wat God sal gebruik om mense nader aan Hom te bring. En die sade wat jy in geloof plant, kan eendag, geslagte nadat jy nie meer op aarde is nie, die katalisator wees vir 'n pragtige geskenk wat God met die wêreld wil deel.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Holy Hustle: Embrace A Work-Hard, Rest-Well Life

Balans. Dit is waarna ons in ons lewens verlang as ons die geroep "werk harder!" in een oor hoor, en 'n fluistering om "meer te rus" in die ander oor. Wat as God se plan vir ons nie net die een óf die ander manier is nie...

More

Baie dankie aan Crystal Stine en Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/holy-hustle-9780736972963

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid