Leesplan inligting

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

DAG 5 VAN 7

Wanneer ons vergelykings tref en voel dat ons tekortskiet, moet ons onsself afvra: "Is die dinge waarvoor ek wens, iets wat ek kan laat gebeur as ek alles daarvoor insit? Is die ding waaroor ek jaloers is, iets wat God in my lewe wil doen?" Dalk moet ons nie vergelykings en jaloesie heeltemal afskryf nie. Miskien moet ons dit eerder in nederigheid na God toe bring en om sy leiding vra. 



Jy kan dalk nie jou liggaamsbou verander nie, maar kan jy die gewig verloor wat jou so ongelukkig maak? Kan jy jou kombuiskaste oorverf om jou huis 'n varser voorkoms te gee? Kan jy weer bande met 'n vervreemde verhouding herstel? Na 'n huweliksberader gaan? Aan jouself werk terwyl jy enkellopend is? Jou aan 'n begroting verbind om meer geld te hê om te spandeer? 



Gebruik God dalk vergelykings en jaloesie om jou in die rigting te stuur waar Hy wil hê jy moet gaan?



Dit is presies wat met my gebeur het. 



'n Meisie saam met wie ek grootgeword het, het op die oog af alles gehad. Sy was baie mooi, lewenslustig en onder almal gewild. Ek het myself met haar vergelyk en gedink as ek sy was, sou ek myself nie so gehaat het nie. 



Regdeur my obsessie met hierdie meisie se lewe, was daar een ding wat voortdurend uitgestaan het.



Jesus. 



Dit was duidelik dat haar bron van krag, hoop en selfvertroue vanuit iets groter as syself gekom het, en die goeie nuus was dat ek dit ook kon hê as ek alles daarvoor insit. Dus het ek dit gedoen.



'n Paar jaar later het ek 'n oproep van 'n meisie ontvang wat bely het hoe jaloers sy op my is. Sy het gesê: "Ek dink gedurig, as ek net soos Anna was, sou ek baie van myself hou." 



Ek kon haar dus vertel wat God aan my geopenbaar het: "Jy wil nie ek wees nie. Jy wil eintlik die vryheid hê wat jy sien, en die goeie nuus is dat jy dit kan hê as jy alles daarvoor insit." 



Die waarheid is, wanneer ons vinnige vergelykings tref, gebaseer op wat ons uiterlik sien, verhoed dit dat ons die hart of verhaal van daardie persoon leer ken. 



Voordat ek dit geleer het, was ek heimlik gegrief oor die werk wat God in ander se lewens doen, veral wanneer daardie werk na sukses gelei het. Ek was nie 'n neebroer wat uit gewoonte negatiewe antwoorde gegee het nie, ek het bloot in venyn "nee" gesê. Vir my is dit eintlik erger. Om die werk wat God in 'n ander se lewe doen te vier, ontken of verminder nie dit wat God in jou eie lewe doen nie. Trouens, om NIE saam met ander te vier nie, mag God se gewilligheid beïnvloed om deur jou te werk. Wanneer jy agterkom jy is gegrief oor die sukses in ander se lewens, moet jy deur daardie vesting met bemoediging breek en jouself afvra wat jy moet insit om dit te kry. 



Is daar iets in jou lewe waaroor jy ontevrede is en die krag het om dit te verander? 


Wat weerhou jou daarvan om dit te verander? 



Here, ek wil my vergelykings en jaloesie na U toe bring en rigting vir my lewe vra. Wys U vir my 'n rigting aan waarin ek veronderstel is om te gaan? Maak my oë oop vir wat U op hierdie oomblik vir my wil sê terwyl ek hierdie dinge na U toe bring. Help my om 'n bemoediging vir ander te wees in die wete dat U my net so liefhet as alle ander.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verp...

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid