Leesplan inligting

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

DAG 3 VAN 7

Ons vergelyk onsself dikwels met ander en kom dan tot die gevolgtrekking dat ons eintlik beter as hulle is, verder gevorder het, mooier en maerder is, meer geld verdien, meer volgelinge het en groter invloed het. Dan voel ons meerderwaardig. 



Die probleem hiermee, is dat meerderwaardigheid in hoogmoed gevestig is en ons weet wat die Bybel van hoogmoed sê — dit kom tot 'n val.



'n Verdere probleem om ons met ander te vergelyk sodat ons meerderwaardig kan voel, is dat daar altyd iemand sal wees wat al verder gevorder het, iemand wat ons dink mooier en fikser is, met 'n groter huis, meer geld, meer volgelinge en groter invloed as wat ons het. Daarom is die tweede resultaat om vergelykings te tref, net so vernietigend vir ons harte. 



Wanneer ons onsself met ander vergelyk en ons tekortskiet, voel ons minderwaardig. Minderwaardigheid is in onsekerheid gevestig. Dit strek verby nederigheid tot in negatiewe gedagtes, denke en gesindheid. Wanneer ons so 'n laagtepunt bereik, lei dit tot depressie, angstigheid en vrees. Hierdie gedrag sal ons ook in 'n strik vang omdat dit ons dan in 'n tronk van leuens toesluit. 



Onthou, ons wil eintlik ware nederigheid najaag omdat dit God behaag en aan Hom eer gee. Stel jou voor dis soos 'n gebalanseerde skaal. Ware nederigheid hou die skaal bestendig sonder om te ver in enige rigting oor te hel.



Om waarlik nederig te wees, moet ons sy standaard as ons maatstok gebruik — en ons weet almal hoe ons teen Hom opweeg. 



Romeine 3:23 (DB) sê: "Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie." 



Ons weeg nie teen Hom op nie! Dit is waar nederigheid — ware nederigheid — ter sprake is, want ons skiet tekort, ons kan dit nie self doen nie. 



Stel jou jou lewe as 'n pyl voor. Die boogskutter trek die boog terug en skiet dan na die teiken. Die teiken is God se standaard vir ons lewens. Die pyl vlieg deur die lug, maar val sommer gou net kort van die teiken af. Dit tref nie die kol nie; dit kom nie eens naby die teiken nie. Dit is wat die Bybel bedoel met "nie een van ons leef tot God se eer nie."



Die goeie nuus is dat God in sy liefdevolle genade vir Jesus gegee het wat ons pyl optel en ons tot by die teiken help. Deur Jesus kan ons die hele afstand aflê, maar slegs deur HOM! Ons almal het Hom nodig. Daar is niks beter of slegter nie. Wat ons waarde betref, sien Hy ons almal dieselfde. In Hom vind ons ons ware identiteit. Wanneer ons dan weet wie ons is, kan ons ons weg en doel vind en die lewe wat Hy aan ons gee om aan te gryp. 



Ware en blywende nederigheid kan slegs gevind word wanneer ons ons oë op die teiken hou en nie op die pyle nie.



Here, help my om my oë op U te hou en nie op wat ander mense doen of sê nie. My waarde, identiteit en rigting kom van U en niemand anders nie. Ek smag na ware nederigheid en 'n hart wat U behaag en eer. Wys aan my die dele in my lewe waar ek te ver na hoogmoed of onsekerheid oorhel en bring my weer in pas met U. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verp...

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid