Leesplan inligting

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

DAG 1 VAN 7

Daar is 'n rede hoekom jy hierdie leesplan gekies het. 



Dalk worstel jy met die gedurige tref van vergelykings, wat beklemtoon hoe jy altyd tekortskiet aan die onmoontlike standaard wat jy vir jouself gestel het. Miskien het jy al vriendskappe verloor as gevolg van jou voortdurende behoefte om die beste te wees, of jou verhoudinge het intimiteit verloor omdat vergelykings jou vermoë gesteel het om 'n ware, opbouende vriend te wees. 



Of dalk is jy bloot net moeg. 



Moeg van die gedurige stortvloed vanaf die lewe wat jou denke met angs, twyfel, depressie en woede vul weens vergelykings.



Jy dink: "Ek kan nie byhou nie!" Jy smag na 'n plekkie van vrede waar jy liefde kan ontvang net vir wie jy is, nie vir wat jy besit, wat jy vermag het, jou gewildheid, invloed en dies meer nie. Om geliefd te wees sonder dat 'n filter nodig is. 



Ek weet, want ek was so. Aan die begin van die jaar het ek besluit om vir drie dae slegs water te drink terwyl ek vas en bid oor 'n paar dinge in my persoonlike lewe wat ek wou oorkom. Ek het 'n paar gebede op notatjies geskryf en in my hangkas geplak. Ek het dit goed reggekry om soggens op te staan en ekstra tyd in die teenwoordigheid van God deur te bring terwyl ek oor my notas bid … vir die drie dae. Toe ek my vastyd beëindig het, het my ekstra gebedstyd ook op 'n einde gekom. Wat egter nie geëindig het nie, is die krag van God wat in my lewe gewerk het deur daardie spesifieke gebede wat ek aan sy voete gelê het. 



Een van my gebede was: "Help my om van vergelykings los te breek!" Ek het gevoel dit trek my af, ek is deur 'n onsigbare gewig oorval, verblind deur my veroordeling van ander. Ek het opgehou om mense op sosiale media te volg wat my minderwaardig laat voel. Ek het negatiewe aanmerkings gemaak oor mense op wie ek jaloers was en nooit saam met diegene gevier wat groot prestasies in hul lewens behaal het nie. Ek het slegs vrede in afsondering gevind. Wanneer daar niemand was met wie ek my kon vergelyk nie, was ek veilig. Ek is egter deur eensaamheid oorgeneem, wat my wêreld kleiner en my verstand nog kleiner gelaat het. Ek het 'n UITWEG nodig gehad!



In hierdie leesplan is die antwoord wat ek voel reguit van die Genadetroon na my gekom het. Oor die loop van die volgende sewe dae sal ons vrae ondersoek soos: 


Wat is vergelykings? 


Wat gebeur wanneer ons vergelykings tref? 


Hoe kan ons die tref van vergelykings oorwin?



Met behulp van hierdie gedagtes wat ek reguit van God ontvang het in my soekende gebed na vryheid, glo ek sal jy ook vryheid uit die strik van vergelyking ontvang en die volle, oorvloedige lewe ervaar wat Hy vir jou beplan het.



Here, ek is so moeg. Ek is moeg daarvan om altyd te voel dat ek tekortskiet, nie genoeg doen nie, nie genoeg bereik nie. Die wêreld om my gee my te veel geleenthede om myself met ander te vergelyk, en ek weet dit is nie gesond nie. Help my om dit aan u voete neer te lê in volle vertroue dat ek hiervan vry kan wees. Ek wil die mens wees wat U my geskep het met niks wat my weerhou van my volle potensiaal nie, in die Naam van Jesus. 


 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verp...

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid