Leesplan inligting

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna LightVoorbeeld

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

DAG 4 VAN 7

Die maklikste, maar mees vernietigende manier hoe ons vergelykings tref, is deur sosiale media. Ek sê vernietigend, as gevolg van twee dinge: ons gebruik sosiale media elke dag, moontlik verskeie kere per dag; en ons is gewoonlik alleen en afgesonder met ons gedagtes. Die hartseer waarheid is dat dit nie eens 10 jaar gelede ter sprake was nie. Oor die afgelope dekade het sosiale media so wydverspreid in ons kultuur geword, dat dit gelei het tot 'n epidemie van siele wat na aandag smag, maar eensamer as ooit voel. 



Iets wat aanvanklik ontwerp is om mense in verbinding met mekaar te bring, het ons eintlik begin afsonder en as ons nie daarop bedag is nie, sal hierdie vernietigende ingesteldheid om te vergelyk, ons harte vinniger as enigiets anders verskrompel en verdroog. 


Hoekom? 



Die gemiddelde persoon het vyf sosiale media rekeninge en bring 'n uur en 40 minute per dag hierin deur.



Dan wonder ons hoekom ons met die tref van vergelykings, gevoelens van ontoereikendheid, onsekerheid en skaarste worstel.



Waarna kyk ons die meeste?



Tog dink ek nie die antwoord is om jou van sosiale media te onttrek nie. Sulke ongebalanseerdheid is juis 'n prooi vir die duiwel. Ons moet onthou ons moet in hierdie wêreld wees, maar ons is nie van die wêreld nie. Ons moet dus leer om sosiale media, net soos enigiets anders, ten goede vir onsself en tot eer van God te gebruik. 



Liggaamstipes en fisieke voorkoms is iets anders wat ons so maklik vergelyk. Sommer met een oogopslag, oordeel ons iemand en vergelyk ons die ander se kleredrag, grimering, hare en gedrag met ons eie. Dit is soms blote waarnemings wanneer ons na mense sit en kyk en eintlik is daar niks mee verkeerd nie. Die probleem sluip egter in wanneer ons ander, gebaseer op hul uiterlike voorkoms, verkeerdelik met onsself vergelyk. 



Baie dikwels tref ons vergelykings gebaseer op materiële besittings soos huise, motors, salarisse en vakansies. Ons sien egter net van buite, die omhulsel, wapen, handelsmerk of uniform en beoordeel dan sonder om alles daarvan te weet. Hier is die probleem wanneer ons nie opreg met ander 'n verbintenis maak nie. Ons neem sommer aan hulle is verhewe bo ons of, gebaseer op ons siening van hulle, voel ons hulle het niks om aan ons te bied nie.



Dan vergelyk ons ook graag die lewenservaring en wat ander bereik het, met ons eie. Jy wil graag 'n lewensmaat hê, maar jy is nog enkellopend. Jy wil graag kinders hê, of jy smag na 'n paar stil oomblikke weg van jou eie kinders af! Jy wil so graag 'n funksionele gesin hê. Sy het 'n perfekte lyfie terwyl jy nog sukkel om die gewig na jou vyfjarige baba te verloor. Sy onderneming vorder fluks terwyl joune nie van die grond kan kom nie. 



Die dinge wat ons met ander vergelyk, wys wat vir ons belangrik is. Tog is ek 'n voorstander daarvan om nie heeltemal op te hou vergelyk of jaloers te wees nie. Ek het geleer ons kan dit as 'n instrument gebruik om ons lewens te verlig en ons selfbewustheid te verbeter. Môre gesels ons verder daaroor.



Here, maak my oë oop vir die dinge wat my die prik van jaloesie laat voel. Help my om die spieël na myself te draai en diep na te dink waaraan ek my tyd wy. Wys my hoekom ek deur sommige mense bedreig voel; help my ook om myself nooit as verhewe of benede ander te plaas, as gevolg van vinnige oordele of uiterlike voorkoms nie. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Break Free From Comparison a 7 Day Devotional by Anna Light

Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verp...

More

Baie dankie aan Anna Light (LiveLaughLight) wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.livelaughlight.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid