Leesplan inligting

AfgesonderVoorbeeld

Set Apart

DAG 4 VAN 5

Om dus vir God afgesonder te wees, moet ons tyd afsonder om God te leer ken en anders optree as die wêreld om ons. Dit is egter moeilik om alleen te doen! Ons is deur God geroepe om anders te wees, maar Hy roep ons nie om dit alleen te doen nie. 



As ons heilige lewens wil lei, sal ons ook ander mense nodig hê. Nie sommer enigeen nie — ons sal godvrugtige mense nodig hê wat ons kan help om op die manier te lewe waartoe God ons geroep het. 



Ons het gepraat oor hoe ons soos diegene word met wie ons ons tyd deurbring. Daarom moet ons beslis tyd met God deurbring. Ons moet egter ook tyd met ander deurbring! Omdat ons word soos die mense in wie se geselskap ons meestal is, behoort ons hulle met wysheid te kies. 



Soek mense op wat vir God navolg, tyd met Hom deurbring en ander dien soos Jesus sou. Kies dan om dinge saam te doen, want alhoewel ons verhouding met Jesus persoonlik is, is dit beslis nie privaat nie. 



Wie is dus daardie vriende wat jou nader aan God bring? Wat kan jy doen om daardie verhoudings te versterk om jou sodoende te help om 'n heilige lewe te lei? 



Om vir God afgesonder te wees, het ons ander mense nodig om ons te help.  


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Set Apart

God roep ons om heilig te wees en heilige lewens te lei. Wat beteken dit egter? In hierdie 5-dag leesplan sal ons ondersoek wat heiligheid regtig vir ons lewens beteken.

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid