Leesplan inligting

AfgesonderVoorbeeld

Set Apart

DAG 2 VAN 5

Een van die besondere maniere hoe ons kan begin leer om vir God afgesonder te wees, is om tyd met Hom deur te bring, net soos ons gister genoem het. Hoe doen ons dit egter? Gebed! 



Dit kom dalk soos die tipies Christelike antwoord voor, maar gebed is kragtig, en dit kan jou lewe op enorme maniere herskep. Soms kan gebed soos 'n ongemaklike ervaring voel — asof jy met 'n lugleegte praat. Dit hoef egter nie so te voel nie. 



Dink aan 'n tyd toe jy 'n nuwe vaardigheid aangeleer het. Dalk was dit 'n sport, 'n ingewikkelde wiskundige probleem of 'n nuwe stokperdjie. Dit het tyd geverg om te leer hoe om dit goed te kon doen, nie waar nie? Dis dieselfde met gebed. Aanvanklik voel dit ongemaklik. Jy moet egter die ongemaklike aanvaar om by die ongelooflike uit te kom. 



Dink so daaroor. Stel jou voor om vir 'n minuut met 'n vreemdeling te praat. Die gedagte alleen kom ongemaklik en spanningsvol voor, nè? Dink nou jy moet vir 'n minuut met jou beste vriend praat. Heeltemal doodgewoon. 



Dit is hoe gebed werk. Hoe minder tyd ons aan gebed wy, hoe langer sal ons ongemaklik voel. Wanneer ons egter gereeld bid, selfs wanneer dit nie natuurlik voel nie, begin ons om God op wyses te ervaar soos nooit voorheen nie. 



In werklikheid word ons meer soos dié met wie ons die meeste tyd deurbring. As ons dus vir God afgesonder wil word, moet ons Hom leer ken. Ons moet met Hom praat en na Hom luister. 



Kom ons oefen. Bring vandag net twee minute in gebed deur. Jy kan dit in 'n dagboek skryf, op 'n kreatiewe manier teken, in jou kop bid of hardop bid. Probeer om dit daagliks oor die volgende week te doen en kyk of jy nie gebed op 'n heel nuwe manier begin ervaar nie. 



Wanneer jy tyd met God in gebed deurbring, sal jy begin om vir God afgesonder te word. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Set Apart

God roep ons om heilig te wees en heilige lewens te lei. Wat beteken dit egter? In hierdie 5-dag leesplan sal ons ondersoek wat heiligheid regtig vir ons lewens beteken.

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid