Leesplan inligting

AfgesonderVoorbeeld

Set Apart

DAG 3 VAN 5

Baie mense sê hulle is Christene, maar nie almal se lewe spreek van Christenskap nie. Hulle sê die regte dinge, maar doen dit nie.



Sou jy sê mense weet jy is 'n Christen omdat jy so sê of weet hulle dit deur die lewe wat jy lei? Om heilig te wees, is om jou lewe op so 'n manier af te sonder dat mense kan sien daar is iets anders aan jou, sonder dat jy hulle hoef te sê.



As Christene behoort ons nie alles te doen wat ander doen nie. Ons behoort nie ons lewens te skik volgens wat as normaal beskou word nie.



Wanneer almal van iemand sleg praat, moet jy kies om die persoon se enigste vriend te wees. Wanneer ander by hul vriend of vriendin slaap, moet jy kies om te wag vir die persoon met wie jy gaan trou. Wanneer bekendes vuil grappe of aanmerkings maak, moet jy kies om nie deel daarvan te wees nie.



Kies om 'n lewe te lei wat vir God afgesonder is. Wees anders op 'n goeie manier. Kies om meer as enigeen anders lief te hê. Kies om meer as enigeen anders jou lewe met meer vreugde, opwinding en tevredenheid te lei. Kies om bekend te wees vir dit waarvoor jy staan, eerder as om gedurig te kla.



Op watter maniere moet jy dus jou lewe as afgesonder begin lei?



Wanneer jy begin om 'n lewe te lei, afgesonder vir God, sal ander tot God aangetrokke wees.  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Set Apart

God roep ons om heilig te wees en heilige lewens te lei. Wat beteken dit egter? In hierdie 5-dag leesplan sal ons ondersoek wat heiligheid regtig vir ons lewens beteken.

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid