Leesplan inligting

AfgesonderVoorbeeld

Set Apart

DAG 1 VAN 5

Ons moet heilig wees en heilige lewens lei! Wat beteken dit nou eintlik? Wel, om dit eenvoudig te stel, dit beteken om op 'n goeie manier afgesonder te wees.



As jy 'n Christen is, beteken dit jy behoort anders te dink, anders op te tree en jou lewe anders te lei. Dit is wat bedoel word om afgesonder of heilig te wees. Om egter vir God afgesonder te wees, moet ons eers leer om tyd saam met God af te sonder.



Die lewe raak besig. Daar is soveel dinge wat jou aandag opeis: skool, huiswerk, sport, vriende, jou gesin en so kan ons aangaan. So word God dan stelselmatig na die agtergrond van ons gedagtes geskuif en uiteindelik besef ons dat ons al 'n hele rukkie nie tyd met God deurgebring het nie.



As jy dit ondervind, wil ek voorstel jy doen die volgende: maak jou pas stadiger, raak stil en sit alles eenkant sodat jy vir God tyd kan maak. Kom van alles weg. Wees vir 'n oomblik stil. Ervaar God in die natuur, lees jou Bybel, skryf in jou dagboek of bid.



Wat moet jy minder doen om meer van God in jou lewe te ervaar?



Om afgesonder te wees, moet ons tyd met God afsonder. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Set Apart

God roep ons om heilig te wees en heilige lewens te lei. Wat beteken dit egter? In hierdie 5-dag leesplan sal ons ondersoek wat heiligheid regtig vir ons lewens beteken.

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid