Leesplan inligting

Afspraak-materiaalVoorbeeld

Dateable

DAG 4 VAN 5

Kom Ons Gesels Oor Seks



"Hoe ver is … te ver?"



Dit is 'n goeie vraag, maar nie die regte een nie. (Netnou meer daaroor.) 



Die saak staan so: julle sal wil seks hê. Dit is 'n heeltemal normale begeerte. In der waarheid is dit God wat in die eerste plek seks gemaak het. Nogal vreemd, nè?



God het seks spesifiek vir die huweliksverbond ontwerp. 



Die sin wat jy so pas gelees het, is ook waarom jy gefrustreerd raak met Christene wat goed bedoel wanneer hulle jou vertel om nie seks te hê nie. Omdat jy tussen die reëls dinge hoor soos: "God wil nie hê jy moet voorhuwelikse seks hê nie" sonder dat hulle verduidelik hoekom nie.



Die Here probeer nie om jou pret te bederf of jou vreugde te steel deur jou te vertel dat jy nie met jou ou of meisie behoort seks hê nie. Inteendeel, dit is eintlik die teenoorgestelde: die Here weet dat die seksdrang baie sterk is. Dit is soos wanneer 'n mens 'n kampvuur onbewaak los en wat dan 'n hele woud kan afbrand. 



Seks is bindend. Die beteken nie as jy met iemand seks gehad het, dat jy nou met hulle opgeskeep sit nie. Dit beteken dat jy 'n gedeelte van jouself vir altyd aan daardie persoon gegee het.



Die huwelik is 'n verbond. Dit is 'n spoggerige, Bybelse woord vir 'n bindende kontrak. Die huwelik is bedoel om 'n leeftyd te duur, nie net deur hoërskool, universiteit of terwyl dinge maklik is nie. Die huwelik is wanneer twee mense by mekaar bly, deur swaar tye van siekte en ook in gesondheid — vir die res van hulle lewens. 



Dit is waarom God seks uitsluitlik vir die huwelik bedoel het. Omdat liefde — insluitend seks — altyd beter is in die konteks van 'n toegewyde, ek-gaan-nêrens-heen-verhouding. 



Jy mag dalk dink: "Maar ek is regtig toegewyd aan my ou of meisie." En dit is dalk die waarheid. Maar, net omdat jy die kontrak gelees het, beteken nie dat jy die ooreenkoms geteken het nie. Voordat jy nie die "ja-woord" gegee het nie, sal jy nie ten volle verbind wees aan die verhouding met daardie persoon nie. 



Nou, terug na ons vorige vraag. Jy wonder miskien: "Nou goed, dus gaan ek nie nou al seks hê nie. Maar ernstig … hoe ver is te ver? Kan ons byvoorbeeld …? 



Hierdie vraag is te verstane. Maar, daar is eintlik 'n beter vraag:



Watter verhaal wil ek vertel? 



Eendag, wanneer jy vir jou kinders of selfs kleinkinders die verhaal vertel, sal jy nie graag die volle verhaal wil vertel sonder om enige dele uit te los nie? Jy sal nie graag wil nodig hê om te vermy om van daardie meisie of daardie ou op hoërskool te vertel nie. 



Nou luister. Dinge gebeur. Al het jy dalk reeds te ver gegaan, weet net dat God se genade en vergifnis 'n werklikheid is, en Hy is nog steeds lief vir jou en gee nog net soveel om vir jou. Daar is niks wat jy kan doen dat God jou meer of minder sal liefhê nie. Jy hoef egter nie dieselfde fout oor en oor te maak nie. Inteendeel, Spreuke 26:11 verwys na 'n hond wat na sy eie braaksel terugkom en dit vergelyk met iemand wat dieselfde fout herhaaldelik maak. Grillerig, nê? Maar waar. 



Moenie toelaat dat jou foute jou definieer nie. Laat hulle jou herinner om oor te begin en om te begin lewe soos God wil hê. 



Dink dus daaroor. Watter verhaal wil jy eendag vertel? 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dateable

Dit lyk asof daar oral waar jy kyk verhoudings is. Of jy nou in 'n verhouding is, of wag vir een, of gelukkig enkellopend is, ons kan almal werk aan die gemene deler in ons verhoudings — onsself. In hierdie 5-dag leespla...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid