Leesplan inligting

Afspraak-materiaalVoorbeeld

Dateable

DAG 3 VAN 5

Hulle Kan Jou Nie Volkome Maak Nie



God het nie verhoudings (of selfs die huwelik) gemaak om jou volkome te maak nie. Totdat jy dít verstaan, sal jy nooit in 'n verhouding gelukkig wees nie, selfs nie eens as die ander persoon totaal #verhoudingdoelgerig is nie. 



Jeremia 2:13 sê: "My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie." Met ander woorde, jou beker het gate in, en water is besig om oral uit te loop. 



Baie van ons liefdesverhoudings is so. Ons wil geliefd wees, gewaardeer word en voel dat ander omgee. Ons wil dapper, sterk en gerespekteer voel. Ons verwag van ons ou of meisie om 'n leemte te vul wat net deur Jesus gevul kan word. 



Elke behoefte wat jy het, kan deur Jesus bevredig word. Elke. Liewe. Behoefte. 



Daar is niks wat jy kortkom wanneer jy Jesus het nie — selfs al is Hy al wat jy het. In Christus, het jy alles wat jy nodig het. 



In 2 Petrus 1:3 staan daar dat ons deur God se krag alles ontvang het wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. 



Wanneer jy dít besef, sal jou perspektief oor verhoudings totaal en al verander. Dan sal jy 'n ou of meisie wil hê wat jou na Jesus toe aantrek, en nie om 'n leemte in jou hart te vul nie. 



As jy tans in 'n verhouding met iemand is, neem 'n oomblik en vra jouself af: plaas ek hierdie persoon in die plek van Jesus in my lewe? Gee ek hulle meer aandag — aanbid ek hulle dalk selfs — eerder as vir God?



As jy tans enkellopend is, sien jy daarna uit om 'n toekomstige verhouding te hê wat jou "volkome" maak? (Realiteit: dit sal nie.) Erken in elke tydperk, selfs terwyl jy enkellopend is, dat God meer as genoeg is. 





Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dateable

Dit lyk asof daar oral waar jy kyk verhoudings is. Of jy nou in 'n verhouding is, of wag vir een, of gelukkig enkellopend is, ons kan almal werk aan die gemene deler in ons verhoudings — onsself. In hierdie 5-dag leespla...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid