Leesplan inligting

Afspraak-materiaalVoorbeeld

Dateable

DAG 1 VAN 5

Besluit op Jou Standaarde 



Het jy al ooit in die Bybel gesoek na "romantiese afsprake"? As jy het, mag daar 'n verrassing op jou wag — jy sal niks kry nie.



Daar is nie 'n enkele vers met daardie woorde nie. Nogal vreemd, nè?



Daar is wel iets anders waarvan die Bybel baie praat: Om die regte persoon te word en te vind. 



God het jou lief. Hy is gaande oor jou. Omdat God jou so liefhet, wil Hy net die beste vir jou hê. Dieselfde is waar wanneer dit by jou ou of meisie kom. Die persoon wat God vir jou wil hê is iemand wat jou nader aan Hom sal bring. 



Dus, voordat jy met iemand begin uitgaan, is daar drie dinge waaroor jy eers sal moet besluit:



1.) Met wie wil ek uitgaan? 



Jy dink dalk jy het alreeds hierdie deeltjie klaar uitgewerk. Daar is daardie ou in jou Geskiedenisklas oor wie jy dagdroom, of miskien is daar 'n meisie wie se sluitkas langs joune is. Jy kon egter nog nie die moed bymekaar skraap om haar uit te vra nie.  



Eintlik gaan dit nog baie dieper. Met watter tipe persoon wil jy uitgaan? Dikwels word ons soos die mense met wie ons die meeste tyd deurbring. Gaan die persoon met wie jy wil uitgaan, jou beter of bitter  maak?



Spreuke 13:20 stel dit duidelik: "Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg."



2.)Wat gaan ons doen?



Het jy al ooit op die snelweg gery en na die skutrelings teen die kant van die pad gekyk? Skutrelings is daar om 'n groot ongeluk te verhoed as jou voertuig dalk die pad verlaat. 



Skutrelings is nooit waar die gevaar is nie. Skutrelings is altyd daar net voor dinge gevaarlik begin raak. 



Watter skutrelings of grense, gaan jy stel wanneer julle uitgaan om seker te maak dat julle nie die pad verlaat nie?



3.)  Hoe wil ek behandel word? 



Dit is moontlik dat jy nog nooit voorheen hieroor gedink het nie — jy het altyd aangeneem dat alle ouens hulle meisies sleg behandel of dat alle meisies hulle ouens kritiseer. 



Jy het dit maar net aanvaar. Onthou ons het vroeër daaroor gepraat dat God net die beste vir ons wil hê? Dit is hier ook waar. God wil nie hê dat jy sleg behandel moet word nie. Hy is lief vir jou. 



Voordat jy met iemand begin uitgaan, moet jy jouself eers afvra: watter soort gedrag is aanvaarbaar en watter nie? 



Môre gaan ons gesels oor die eerste ding wat jy moet doen voordat jy met iemand begin uitgaan: word die persoon waarna jy soek.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dateable

Dit lyk asof daar oral waar jy kyk verhoudings is. Of jy nou in 'n verhouding is, of wag vir een, of gelukkig enkellopend is, ons kan almal werk aan die gemene deler in ons verhoudings — onsself. In hierdie 5-dag leespla...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid