Leesplan inligting

Afspraak-materiaalVoorbeeld

Dateable

DAG 2 VAN 5

Die Mite van die "Regte" Persoon 



Het jy al ooit daardie meisie of ou by jou skool raakgesien wat al die regte dinge doen? Hulle is lief vir Jesus; hulle lees hulle Bybeltoep voor skool en hulle bid selfs voor middagete in die kafeteria! Kan dit enigsins beter raak? Dan vind jy uit hulle help met die tweejariges in jou kerk! Tweejariges! Wat 'n heilige moet hy of sy nie wees nie.



Jy dink by jouself: "Dit is die persoon vir wie ek gewag het." 



Maar, die saak staan so: om 'n wonderlike verhouding te hê, beteken nie dit gebeur eenvoudig omdat jy die regte persoon gevind het nie. Julle ontwikkel in goeie afspraak-materiaal wanneer beide van julle julle daaraan toewy om die regte persoon te word. 



Nes Pastoor Andy Stanley gereeld sê: "Word die persoon waarna jy soek; wat die persoon is wat jóú soek." 



Hoe word 'n mens die regte persoon? Hier is drie maniere:



1.) Lees daagliks jou Bybel. 



Die goeie nuus is dat jy alreeds goed daarmee vaar omdat jy hierdie leesplan lees! Moenie hier ophou nie. Begin 'n leesplan oor Spreuke of lees deur die evangelies om meer van Jesus te leer. Ons het gesels oor hoe jy word soos die persoon met wie jy tyd wil deurbring; en wanneer jy tyd saam met God deurbring deur sy Woord te lees, begin jy ook meer om soos Hy te word. 



2.) Betoon respek. 



Om die regte persoon te wees, beteken om jou meisie of ou met respek te behandel. As jy altyd met respek teenoor jou vriende, ouers, onderwysers of kleingroepleiers optree, sal niks skielik verander wanneer jy begin om met iemand uit te gaan nie. 



Jesus het ons die beste manier geleer om respek aan ander te betoon volgens Matteus 7:12: "Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen …" 



3.) Bid en vra vir God om wysheid. 



Jakobus 1:5 sê: "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt." 



Is dit nie wonderlik nie? As jy vir wysheid vra, belowe die Bybel dat God dit vir jou sal gee. Verhoudings is nie maklik om te navigeer nie. Jy hoef dit egter nie alleen te doen nie. As jy vir God om wysheid vra, sal Hy dit vir jou gee en jou help om die regte persoon te word. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dateable

Dit lyk asof daar oral waar jy kyk verhoudings is. Of jy nou in 'n verhouding is, of wag vir een, of gelukkig enkellopend is, ons kan almal werk aan die gemene deler in ons verhoudings — onsself. In hierdie 5-dag leespla...

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid