Leesplan inligting

Sewe Eienskappe Van GodVoorbeeld

7 Attributes Of God

DAG 5 VAN 7

 Die Lig



Wanneer dit aand word, is dit feitlik onmoontlik om in die donkerte van die woestyn te reis. Dit was alreeds moeilik vir die duisende mense om gedurende die dag oor die ruwe terrein te beweeg en dus nog meer so in die nag. Lig was 'n praktiese noodsaaklikheid vir oorlewing in die woestyn. Daarsonder sou die mense in die nag struikel, voortdurend vrees vir onvoorsiene aanvalle deur hul vyande en sukkel om die basiese te doen wat nodig is om in 'n onherbergsame land te lewe.



Weereens het God op 'n unieke manier aan sy volk voorsien. Eerder as om die mense te vra om lig te skep, het Hy dit vir hulle in die vorm van 'n vuurkolom gegee. ‘n Vuurkolom was dikwels 'n teken van veroordeling, maar hier was die vuur van God 'n teken van sy voorsiening. Verder het die vuur die teenwoordigheid van God onder sy mense aangedui. Die Israeliete kon snags net na die vuurkolom kyk en onthou dat God, hulle God is en hulle sy volk. Hy het deur die duisternis van die menslike geskiedenis gebreek en hulle as Syne toegeëien. Hulle is selfs in die woestyn herinner aan die verlossingswerk wat God namens hulle gedoen het en dat Hy hulle na die land van belofte lei.



God se hele wese word deur lig gekenmerk. Die apostel Johannes het geskryf: "God is lig; in Hom is daar geen duisternis nie" (1 Joh. 1:5). Sy heiligheid word beskryf as 'n volmaakte lig, sonder die duisternis van sonde. Jesus, as die volmaakte Seun van God, is op 'n sending na 'n donker wêreld gestuur. Sy geboorte was die beliggaming van God se lig (Joh. 1:5). Hy het na 'n wêreld gekom wat duister van sonde was en die duisternis deur sy verterende lig kom oorwin.



Hy verlig die pad waarmee almal wat Hom ken, Hom kan volg. God se kinders hoef nie meer in die duisternis te leef nie; hulle kan in die lig wandel waar hulle veiligheid, vrede en vreugde sal ontdek. Trouens, 'n kenmerk van God se kinders is dat hulle die lig liefhet. Sonde groei in die duisternis en diegene wat verlang om God te gehoorsaam, verloën dus die duisternis en sleep hulle sonde in die lig van God se genade. Daar vind hulle gemeenskap met God en gemeenskap met mekaar (1Joh. 1:6 - 7). In God se lig word sonde gehaat, mense kom tot bekering en heiligheid word nagestreef.



Gebed vir Vandag: 



Jesus, U is die volmaakte lig. Dankie dat U in my donker, leë gees skyn. Help my om in u lig te loop, u heiligheid na te streef en nie van die pad af te dwaal in die duisternis in nie. Amen



Hierdie toewyding is ‘n uittreksel vanThe Jesus Bible, NIV Edition 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Attributes Of God

Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die e...

More

Ons wil graag Louie Giglio, Passion Publishing en HarperCollins bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://bibl.es//YV-TJB-AttributesOfGod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid