Leesplan inligting

Sewe Eienskappe Van GodVoorbeeld

7 Attributes Of God

DAG 1 VAN 7

  



’n Kenbare God



God openbaar sy tere liefde aan sy volk, dikwels deur middel van sy gesproke woord. Dit is duidelik dat die volk van God verstom was dat Hy eens met hulle wou praat. Tydens die openbaring van God aan sy volk het hulle dikwels uit vrees en ontsag vir Hom op 'n afstand gestaan (Eks. 20:21). Hierdie verskynings in die Ou Testament vind volkome vervulling in Jesus Christus se menswording. Deur sy geboorte het Jesus gewilliglik die heerlikheid van die hemel prysgegee om die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem, om dit moontlik te maak vir sondige mense om na die Vader te kom (Fil. 2:1-11). In sy Godheid het Jesus die aard en karakter van God op so 'n manier aan die wêreld gedemonstreer en verklaar, dat die mensdom nie net 'n tydelike blik op sy heerlikheid kon kry nie, maar die presiese beeld van God se heerlikheid op 'n permanente, deurlopende manier (Heb. 1:3). Jesus het Homself bekend gemaak sodat sondige mense God kan ken.



Gebed vir Vandag: 



Baie dankie Jesus dat U vir my 'n beeld van God se heerlikheid gegee het. Dankie dat U vir my gewys het wie Hy is en dat U vir my 'n manier gegee het om Hom intiem te ken. Amen.



Hierdie toewyding is ‘n uittreksel van The Jesus Bible, NIV Edition 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Attributes Of God

Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die e...

More

Ons wil graag Louie Giglio, Passion Publishing en HarperCollins bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://bibl.es//YV-TJB-AttributesOfGod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid