Leesplan inligting

Sewe Eienskappe Van GodVoorbeeld

7 Attributes Of God

DAG 4 VAN 7

 Ek Is



God se Naam dui sy ongekende, onafhanklike en ewige karakter aan. Moses het vir God gevra wat sy Naam is, omdat hy die onbenydenswaardige taak gehad het om die farao vir die vryheid van die Israeliete te vra. Hy het ook geweet die Israeliete sou hom vra wie vir Moses hierdie instruksies gegee het. God het dus aan Moses gesê om hom "EK IS" te noem. Dit is wie Hy is en wie Hy altyd sal wees. Hy skuld niks aan enigiemand vir sy bestaan nie. Inteendeel, Hy is die allerhoogste, ongeskape, oppermagtige en enigste God van die heelal. Alles het hul bestaan deur sy toedoen te danke.



Jesus het dieselfde naam gebruik om sy identiteit tydens sy aardse bediening bekend te maak. Terwyl die mense geredeneer het oor die verwantskap van Jesus met die beloftes wat God aan Abraham gemaak het, het Jesus hul stryery ongedaan gemaak deur te verklaar dat Hy nie net Een is in 'n lang familielyn van diegene wat God gebruik het nie. Hy is eintlik die "EK IS" (Joh. 8:58). Die enorme implikasies van hierdie uitspraak het veroorsaak dat baie mense probeer het om Jesus te stenig, omdat hulle besef het wat die gevolge hiervan sou wees. Deur hierdie naam te gebruik, het Jesus Homself as God aangekondig en in die gedagtes van sy Joodse gehoor het Hy die grootste sonde van godslastering gepleeg. Hulle kon eenvoudig nie verstaan dat hierdie timmerman van Nasaret die Seun van God in menslike vorm kon wees, en aan wie alle mense hul trou en aanbidding verskuldig was nie.



Gebed vir Vandag: 



Jesus, U is die groot EK IS. Terwyl ek nie alles van U verstaan nie, loof ek U met alles wat ek is. Help my om U elke sekonde van elke dag te aanbid, selfs terwyl ek slaap. Amen.



Hierdie toewyding is ‘n uittreksel vanThe Jesus Bible, NIV Edition 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Attributes Of God

Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die e...

More

Ons wil graag Louie Giglio, Passion Publishing en HarperCollins bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://bibl.es//YV-TJB-AttributesOfGod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid