Leesplan inligting

Sewe Eienskappe Van GodVoorbeeld

7 Attributes Of God

DAG 3 VAN 7

  



Vingerafdrukke van Genade



Wat 'n skandelike bewering! In die oorspronklike leserskultuur was die bewering dat 'n ouer broer 'n jonger broer sou dien, ‘n groot skande. In God se handelinge met mense is hierdie soort omkering van rolle net die teenoorgestelde; dit is 'n werk van genade (Rom. 9:10–13). Genade keer die natuurlike orde van dinge heeltemal om. Vir die oorspronklike gehoor was die opskrifte van hierdie verhale, regdeur die boek Genesis, skokkend. Dalk is dit vir die moderne leser nie meer die geval nie, maar vir Christene is die gevolgtrekking reusagtig. God probeer om aanbidders na Hom toe terug te bring deur sy guns genadiglik aan hulle te skenk. Oorweeg byvoorbeeld die volgende opskrifte teen die agtergrond van God se opspraakwekkende genade:



God gee aan Adam en Eva velklere in plaas van vergelding (Gen. 3:21). Eintlik het Adam en Eva die dood vir hul opstandigheid verdien (Gen. 2:17), maar God is hulle eerder genadig.



Die Here het Abel en sy offer aangeneem, maar nie vir Kain en sy offer nie (Gen. 4:4–5). In hierdie voorbeeld van ‘n jonger broer wat genade van God ontvang het, het Abel guns van God ontvang, omdat hy 'n eenvoudige offer uit geloof aan God gebring het (Heb. 11:4), terwyl Kain net sy sondige hart tydens die offer geopenbaar het (Gen. 4:5–7).



God het 'n man met menslike swakhede en sy gesin gespaar deur middel van ‘n ark. Mens kan maklik Gen. 9:20-27 oorslaan weens die ongemaklike inhoud van hierdie gedeelte. Dit is teenstrydig met hoe die skrywer Noag aanvanklik bekendstel: "Maar die Here was Noag goedgesind” (Gen. 6:8 NLV). Die feit dat Noag guns van God ontvang het, was nie omdat Hy ‘n perfekte man was of ooit sou wees nie.



Abraham het 'n eensydige verbond van God ontvang. Die gevolge van God se gelofte aan Abram in Genesis 15 is ontsaglik groot. Hieruit spruit die res van die Skrif. Die geskiedenis van hierdie geseënde man was egter ver van perfek af. Joshua skryf dat Abram se pa ander gode aanbid het (Jos. 24: 2) en Abram het gelieg om homself te beskerm (Gen. 12:10 – 20; 20:2). Nietemin, verander God se genade vir Abram in die vader van baie nasies en 'n bron van ewige seën vir die hele wêreld.



Elke verhaal in Genesis is deurtrek met vingerafdrukke van genade. Al hierdie omwentelinge en omkering van rolle is die handewerk van 'n genadige God wat sy guns uitstort om die hoogste eer aan Homself te bring.



Gebed vir Vandag: 



Jesus, die bewys van u genade is oral, tog sien ek dit soms nie raak nie. Help my asseblief om dit te alle tye op te let, sodat ek aan U die eer kan gee wat U toekom. Amen.



Hierdie toewyding is ‘n uittreksel van The Jesus Bible, NIV Edition 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Attributes Of God

Hoe het God sy liefde of sy krag getoon? Die Jesus-Bybel wys die maniere waarop God met ons, sy skepsels, deur Jesus Christus in beide die Ou en Nuwe Testamente gekommunikeer het. Hierdie 7-dag leesplan werp lig op die e...

More

Ons wil graag Louie Giglio, Passion Publishing en HarperCollins bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://bibl.es//YV-TJB-AttributesOfGod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid