Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 8 VAN 36

Veg jou gevegte op jou knieë


Lewensbeginsel 8: Veg al jou gevegte op jou knieë, dan sal jy altyd wen.


Geloof is om aan God te sê: "Ek glo U sal." In ons geveg met die vyand, mag ons dalk ook sò bid: "Ek glo U sal die vyand oorwin, en hom laat vlug as ek hom weerstaan en my vertroue in U plaas." Oor en oor het Dawid hierdie geloofsverklaring aan die Here afgelê: "My God, op U vertrou ek" (Psalm 25:2; en ook Psalm 31:6). Perfekte geloof sien die stryd as klaar gestry en God wat die oorwinning behaal. Toe Dawid gesê het: "Op U vertrou ek", het hy bedoel: "Dit is reeds gedoen. Vader, U is perfek in die natuur. U doen alles perfek. En U oorwin my vyande." Hy het God se vermoë onvoorwaardelik vertrou. Daar was geen sweem van: "Ek hoop Hy sal" nie, want Dawid het geweet dit is so goed as reeds gedoen.


Ons groei in geloof deur vertroue, deur God in elke situasie te vertrou, keer op keer, verhouding na verhouding. Ons bou 'n persoonlike geskiedenis op met hoe ons God vertrou, en Hy bly onvoorwaardelik getrou en liefdevol teenoor ons.

Dis onmoontlik vir jou om die duiwel vir lank te weerstaan, as jy nie glo dat Jesus deur jou, die vyand kan (en sal) verslaan nie. Jy kan slegs standvastig wees in jou geloof, wanneer jy jou totaal en al aan God oorgee in alle terreine van jou lewe. As jy weier om 'n probleem-area aan God toe te vertrou, sê jy: "Ek kan dit self doen, ek het U nie nodig nie." Dit is presies wat die Satan wil hê jy moet doen — vertrou op jou eie vermoëns en nie op dié van ons almagtige God nie. Dit is ook die plek waar die duiwel sy grootste aanval teen jou sal loods!


Die goeie nuus is dat God elkeen van ons 'n mate van geloof gegee het om te ontwikkel. Hy gee ons ook die vermoë om Hom te vertrou en ons lewens aan Hom oor te gee. Ons kan vas staan en die vyand teenstaan, maar slegs deur die krag van God. Hy is die Een wat ons gebede hoor en ons verdedig. Wanneer ons bid, vlug die Satan.



Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid