Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 7 VAN 36

Die donker oomblikke in ons lewens

Lewensbeginsel 7: Die donker oomblikke in ons lewe sal net so lank aanhou soos wat dit vir God nodig is om sy doel in ons te bereik.


As jy God se beste vir jou lewe wil hê en graag deur Hom gebruik wil word, sal jy op 'n tydstip die pad van beproewing moet stap. Dit beteken dat God beproewing in jou lewe kan en wil gebruik vir 'n goeie doel — en nogtans beskou baie mense beproewing net as negatief en as 'n nederlaag. Maar jy hoef nie een van hulle te wees nie.


God se doel met beproewings, ongeag die oorsprong, is om 'n keerpunt te wees van waar jy jou grootste spronge van geestelike groei kan gee. Hy laat beproewings in jou lewe toe net totdat Hy sy doel in jou bereik het. Hy sal dit nie vir een sekonde langer in jou lewe laat aanhou as wat nodig is nie.


Onthou dit nou, net daar waar jy is: God het 'n perk geplaas op alle beproewings. Omdat jy 'n kind van God is, leef die Heilige Gees in jou, en Hy weet hoeveel jy kan verduur. Die psalmskrywer het gesê: "Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses" (Psalm 34:19). En ook: "Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is" (Psalm 103:13 - 14).


Deur beproewing vorm God ons tot 'n volwasse en doeltreffende dienaar. As jy Christus as jou Verlosser ken, beskou God jou as 'n heilige — soms worstelend, soms mislukkend, maar regverdig, verlos, vergewe, en verenig met Hom. Hy sien 'n persoon vol van sy onvoorwaardelike liefde, met sy teenwoordigheid in hom, verseël deur die belofte van die Heilige Gees en wie se naam in die boek van die lewe van die Lam geskryf is. Hy sien ook jou volle potensiaal — al die goeie dinge wat jy vir sy koninkryk kan bereik. Wees dus bemoedig — beproewing sal nie permanent in jou lewe bly nie. As dit egter teenwoordig is, kan goeie dinge daaruit voortvloei, as jy gewillig is om Hom te vertrou. Daarom maak dit nie saak deur watter donker tye jy moet gaan nie, vertrou net dat Hy die lig sal bring. En wanneer Hy dit doen, sal dit sekerlik die moeite werd wees.



Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid