DEUTERONOMIUM 6:4,7
DEUTERONOMIUM 6:4 Bybel vir almal (ABA)
“Israeliete, julle moet luister, ons God die Here is een Here. Daar is nie nog so 'n Here nie.
Deuteronomium 6:7 Bybel vir almal (ABA)
en julle moet dit vir julle kinders leer. Julle moet oor hierdie dinge praat wanneer julle in julle huis sit en wanneer julle op die pad loop, wanneer julle lê en wanneer julle staan.
DEUTERONÓMIUM 6:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.
DEUTERONOMIUM 6:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here.
DEUTERONOMIUM 6:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.
DEUTERONOMIUM 6:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ LUISTER, ISRAEL, DIE HERE IS ONS GOD, DIE HERE ALLEEN.
Deuteronomium 6:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Herhaal dit vir jou kinders en praat met hulle daaroor wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.
DEUTERONOMIUM 6:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor, Israel, die HERE onse God is een HERE.
Deuteronomium Deuteronomium 6:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet dit ywerig vir jou kinders leer en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad loop en as jy gaan lê en as jy opstaan.
DEUTERONOMIUM 6:4 Die Boodskap (DB)
“Israel, onthou altyd dat die Here en net die Here alleen ons God is.
Deuteronomium 6:7 Die Boodskap (DB)
Jy moet ook jou kinders daarvan vertel en jy moet oral daaroor praat. Of jy nou in jou huis sit, of jy op pad is, of jy ’n bietjie gaan lê of weer opstaan, jy moet altyd dink oor wat die Here van jou vra.
DEUTERONOMIUM 6:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Luister, Israel! Die HERE ons God is die enigste HERE.