2 TIMOTEUS 4:9-22

2 TIMOTEUS 4:9-22 AFR83

Probeer so gou moontlik na my toe kom, want Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry en my verlaat en na Tessalonika vertrek. Kressens is na Galasië en Titus na Dalmasië toe. Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou, want hy kan my tot groot diens wees. Tigikus het ek na Efese toe gestuur. As jy kom, moet jy die reismantel saambring wat ek by Karpus in Troas laat bly het, en ook die boeke, veral die perkamente. Aleksander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld vir wat hy gedoen het. Jy moet ook vir hom op jou hoede wees, want hy het ons prediking heftig teengewerk. Toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie; almal het my in die steek gelaat. Mag God hulle dit nie toereken nie! Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered. Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen. Groete aan Priscilla en Akwila en aan die huisgesin van Onesiforus. Erastus het in Korinte agtergebly; Trofimus het ek in Milete siek agtergelaat. Doen jou bes om nog voor die winter te kom. Eubulus, Pudens, Linos, Claudia en al die broers stuur vir jou groete. Die Here sal by jou wees. Die genade sal by julle wees!

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 TIMOTEUS 4:9-22

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid