2 Timoteus 4:9-22

2 Timoteus 4:9-22 AFR20

Doen jou bes om gou na my toe te kom, want Demas het my verlaat: Hy het die huidige wêreld liefgekry, en na Thessalonika vertrek, Kressens na Galasië, en Titus na Dalmasië. Net Lukas is nog by my. Gaan haal vir Markus, en bring hom saam met jou, want hy is vir my baie nuttig in die bediening. Tigikus het ek na Efese gestuur. Wanneer jy kom, bring die mantel saam wat ek in Troas by Karpus agtergelaat het, en ook die •boekrolle, veral die perkamente. Aleksander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Die Here sal hom volgens sy dade vergeld. Wees ook jy op jou hoede vir hom, want hy het ons woorde heftig teengestaan. Tydens my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie; inteendeel, almal het my in die steek gelaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie! Die Here het my egter ondersteun en my versterk, sodat ek die verkondiging kon voltooi, en al die heidene dit kon hoor; en ek is uit die bek van die leeu gered. Die Here sal my van elke bose daad red, en Hy sal my verlos, met die oog op sy hemelse koninkryk. Aan Hom die heerlikheid vir ewig en ewig! •Amen. Stuur groete vir Priska en Akwila, en Onesiforus se huisgesin. Erastus het in Korinthe gebly, Trofimus het ek siek in Milete agtergelaat. Doen jou bes om nog voor die winter te kom. Eubulus en Pudens en Linos en Claudia en al die broers stuur vir jou groete. Die Here bly met jou gees! Die genade bly met julle!

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Timoteus 4:9-22

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid