II TIMÓTHEÜS 4:9-22

II TIMÓTHEÜS 4:9-22 AFR53

Beywer jou om gou na my te kom. Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië. Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees. Tíchikus het ek na Éfese gestuur. As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente. Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke! Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan. In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie! Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos. En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. Groet Prisca en Áquila en die huis van Onesíforus. Erástus het in Korinthe gebly. Trófimus het ek siek in Miléte agtergelaat. Beywer jou om voor die winter te kom. Eubúlus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou. Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.

Gratis leesplanne en oordenkings oor II TIMÓTHEÜS 4:9-22

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid