Leesplan inligting

Vriendskap Met GodVoorbeeld

Friendship With God

DAG 8 VAN 9

Dag 8 - Gemeenskap met God



Ons is na God se beeld geskape en Hy is volmaakte gemeenskap. God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees, bestaan in volmaakte gemeenskap en eenheid en is nogtans afsonderlik. Hierdie is nie 'n diep teologiese bespreking nie, dus gaan ons nie diep daarin delf nie. As ons dan na sy beeld geskape is, is ons geskape om in gemeenskap te bestaan.  



Een van my gunsteling boeke oor gemeenskap is "Life Together" deur Dietrich Bonhoeffer. Hierin waarsku hy: "Laat hom wat nie alleen kan wees nie, bewus wees van gemeenskap ... Laat hom wat in gemeenskap is bewus wees van alleenwees ... Elkeen het sy eie diepgaande gevare en slaggate ... Slegs in gemeenskap leer ons om opreg alleen te wees en slegs in alleenwees leer ons om opreg in gemeenskap te leef."  



Ek hou daarvan omdat dit die waarheid uitlig dat ons beide gemeenskap, maar ook soms alleenwees nodig het om in gemeenskap te kan funksioneer. Jy sien, Jesus het dikwels vroeër as sy dissipels opgestaan en alleen gaan bid ... om met die Vader te praat. Daar was Hy tot oorlopens toe gevul, sodat Hy liefde oor almal kon uitstort wat Hy teëgekom het. Dink maar aan die geval toe Petrus die oor van die hoëpriester se dienskneg afgekap het ... Hy het nie teenoor hom uitgevaar nie; Hy het net gesê dat dit nie is waarmee hulle besig was nie en toe het Hy die man se oor weer gesond gemaak.  



Dink vandag na waarheen God jou uitnooi. Bring jy baie alleentyd deur en trek Hy jou in gemeenskap om werklik geken te wees? Miskien is jy nie in staat om stil te wees nie en nooi Hy jou om by Hom te kom sit. Neem vandag 'n bietjie tyd en gaan waar Hy gaan.  


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Friendship With God

Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem he...

More

Baie dankie aan Lifeway Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://everydayformation.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid