Leesplan inligting

Vriendskap Met GodVoorbeeld

Friendship With God

DAG 4 VAN 9

Dag 4 - Teleurstelling saam met God



Teleurstelling is só 'n groot storie. Sommige teleurstellings is so groot dat hulle ons kan verwoes as ons dit toelaat. Ander teleurstellings is klein en dit voel asof ons wil doodgaan as gevolg van derduisende snye deur skerp lemmetjies.  



Teleurstelling is een van daardie dinge wat, as ons dit nie verwerk nie, uiteindelik soos kanker vreet en ons tot ontevredenheid lei. Dit sal uiteindelik veroorsaak dat ons aan God se goedheid twyfel. As ons nie glo dat God goed is nie, wat is dan die nut daarvan om sy manier eerder as die wêreld se manier te kies?  



Deur met teleurstelling te worstel, sal ons sien dat sy goedheid en liefde soms anders lyk as ons s'n. Dit kom weereens daarop neer dat Hy op 'n ander vlak bestaan wat ons eenvoudig net nie kan begryp nie. Dink vir 'n oomblik na oor Jesus se reaksie toe hy uitvind dat sy vriend, Lasarus, siek was. Johannes vertel ons dat toe Jesus hoor dat Lasarus siek is, Hy twee dae gewag het voordat Hy vertrek het, omdat Hy so lief was vir Lasarus en sy susters. WAT?! 



Wanneer jy die res van die verhaal lees, sal jy sien dat Jesus baie meer aan hulle openbaar het met Lasarus wat sterf en weer opgewek word, as wat Hy kon deur hom net eenvoudig gesond te maak. Soms moet daar dinge in ons doodgaan en dit is nie 'n aangename keuse nie. Hy het egter belowe Hy sal voltooi wat Hy in ons begin het!  



Dink vandag na waaroor jy in God teleurgesteld voel. Waar het jy gevoel dat Hy nie daar was vir jou nie? Waar is jou hart seer van pyn? Nooi Hom by daardie plekke in en begin om daardeur te werk.  


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Friendship With God

Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem he...

More

Baie dankie aan Lifeway Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://everydayformation.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid