Leesplan inligting

Vriendskap Met GodVoorbeeld

Friendship With God

DAG 3 VAN 9

Dag 3 - Werk saam met God daardeur



Is ek reg as ek sê, die lewe is wat dit is? Partykeer wil ons nie verandering hê nie, maar dinge gebeur. Partykeer hoop ons dat situasies anders kan uitwerk. Dit gaan nie altyd sleg nie, partykeer gaan dit ook baie goed. Ons moet in beide gevalle leer om deur die proses te werk.  



In Romeine praat Paulus oor hoe God tot sy heerlikheid alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. Hy vermors niks nie. Soms toets Hy ons doelbewus, dalk eerder om aan ons, nie aan Hom nie, te openbaar waar ons is. Hy is so getrou dat Hy vir ons dinge wys sodat ons van heerlikheid tot heerlikheid kan groei om aan die beeld van Christus gelyk te word.  



As ons egter nie ons denke en gevoelens oor dit wat gebeur, verwerk, bespreek en uitsorteer nie, sal ons so baie gawes misloop. Indien ons nooit 'n gesprek met God daaroor het nie, hoe sal ons, te midde van die omstandigheid, ooit weet wat in sy hart aangaan? 



Dit geld vir beide maklike en moeilike omstandighede. Daar was soveel kere in my lewe toe ek gedink het dis moeilik en pynlik, maar deur dit met God deur te werk, het Hy vir my gewys watter gawes Hy vir my het en dit het my perspektief radikaal verander.  



Neem vandag 'n oomblik en ondersoek nou jou lewe. Wat gaan in jou lewe aan wat jy saam met God kan deurwerk? Is daar areas wat jy vermy om saam met God deur te werk? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Friendship With God

Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem he...

More

Baie dankie aan Lifeway Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://everydayformation.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid