Leesplan inligting

Vriendskap Met GodVoorbeeld

Friendship With God

DAG 5 VAN 9

Dag 5 - Hoop saam met God



Om te hoop of te droom kan baie keer 'n bietjie angstigheid meebring. Die wêreld leer ons dat dit "kinderagtig" is en dat ons meer realisties moet wees. Die wêreld vertel ons dat ons moet grootword, maar dit was nooit God se reaksie teenoor sy volk nie.   



Ek hou van Dawid se verhaal. Daar was 'n keer toe Natan, die profeet, met Dawid gepraat het in 2 Samuel 7. Dawid het beskryf hoe hy voel dat hy 'n mooier huis as God het. Natan se reaksie was dat Dawid alles wat hy in gedagte gehad het moes doen. Dieselfde nag het God met Natan gepraat en vir hom gesê dat die plan 'n bietjie anders gaan wees. God het deur Natan met Dawid 'n gesprek aangeknoop oor die drome in sy hart. Hulle was saam in gesprekvoering! 



Ons verlustig ons in God en Hy belowe om ons die begeertes van ons harte te gee. Ons word uitgenooi om op Hom en saam met Hom te hoop. Om ons in God te verlustig is 'n belangrike voorvereiste om die begeertes van ons hart te verkry. Dit beteken nie om slegs op 'n Sondag 'n paar liedere te sing of om op 'n Woensdag 'n Bybelklas by te woon nie, maar om ons te verlustig. Tyd in te ruim. Begeer om teenwoordig te wees. Begeer om tevrede te stel, nie om selfbeheersing toe te pas om te doen wat reg is nie. Jou te verlustig.  



Neem vandag 'n paar oomblikke en dink na oor die plekke waarheen God jou uitnooi om te droom en weer te hoop. Is daar iets wat jy altyd as kind wou doen? Miskien het jy 'n groot idee wat al vir jare in jou kop rondmaal, maar weet nie hoe dit moontlik sal wees nie. Hy is soort van geneig om die onmoontlike te doen.  


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Friendship With God

Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem he...

More

Baie dankie aan Lifeway Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://everydayformation.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid