Leesplan inligting

Vriendskap Met GodVoorbeeld

Friendship With God

DAG 6 VAN 9

Dag 6 - Lag saam met God



Om te lag is een van my gunsteling dinge om te doen. Kan jy die gedeelte in die "Reader's Digest" onthou wat "Lag is die Beste Medisyne" genoem is? Elke uitgawe het nuwe grappies gehad wat die lesers ingestuur het. Sommiges was maar niksbeduidend, terwyl ander my weer laat skaterlag het.  



Het jy geweet dat God ook graag saam met jou wil lag en speel? In watter goeie vriendskap is daar nie ook 'n element van speel en pret betrokke nie? Ek kan nie aan 'n enkele vriendskap dink wat alles deurstaan het en nie 'n bietjie pret gehad nie.  



Ek sien die belangrikheid daarvan toe Jesus vir sy dissipels gesê het, tensy ons soos kinders word, ons nie die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. Hy vra nie dat ons kinderagtig word, soos Paulus die teenoorgestelde van volwassenheid beskryf nie. Wat Hy sê is om kinderlik te word. Kinders is hoopvol. Hulle vertrou met volle oorgawe. Hulle is lief om saam met hulle ouers te lag en te speel en skep behae in wat hulle en al die ander te sê het. 



Wat as ons soos daardie kinders word wat God met oorgawe vertrou, saam met Hom lag en speel, en behae skep in wat Hy oor ons te sê het eerder as wat die wêreld oor ons sê. Wie sou ons kon word?  



Dink vandag na oor dit wat aan jou vreugde bring. Wat laat jou lag? As jy kinders het, wat geniet jy om saam met hulle doen? Wat sou jy wou speel of waaroor sou jy wou lag saam met jou hemelse Vader? 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Friendship With God

Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem he...

More

Baie dankie aan Lifeway Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://everydayformation.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid