Leesplan inligting

Vriendskap Met GodVoorbeeld

Friendship With God

DAG 7 VAN 9

Dag 7 - Werk saam met God



Baie van die opskrifte het heel moontlik tot dusver nog sin gemaak. As jy vandag se opskrif lees kan jy dalk dink: "Werk? Nou ja, hierdie vrou vat dit nou 'n bietjie ver." Dink egter aan my idee; wat as ons God in elke aspek van ons lewens innooi, ook ons werk en toelaat dat Hy vir ons die strategieë en idees gee? Hoe sou ons werk dan wees? Wat sou ons invloed kon wees?  



God wil ons alles hê. Paulus moedig die Romeine aan om hul liggame as lewende offers aan God beskikbaar te stel. Ek is baie seker daarvan dit beteken werk is ook hierby ingesluit. Dink aan Dawid en die sensus. God het vir Moses gesê om 'n sensusopname te doen, maar Hy het nie vir Dawid gesê om dit te doen nie. Toe Dawid besluit om dit in elk geval te doen, het hy 'n groot oordeel oor die Israeliete laat kom.  



Wat van Besaleël? Eksodus beskryf hoe God hom met sy Gees toegerus het, sodat hy al die kennis, wysheid en vakmanskap sou hê om kunstige ontwerpe uit te dink en houtsneewerk en nog vele meer te doen. Wat as ons vir God vra om ons met dieselfde vermoëns te vul en ons in ons werksplek uit hierdie oorvloed laat lei, eerder as maar net met ons natuurlike vermoëns?  



Dink vandag aan hoe jy God in jou werksplek kan innooi, ongeag wat dit is. Of jy nou 'n moeder of 'n chirurg is, 'n skoonmaker of 'n kitskoswerker is, God het strategieë vir jou ... wat is hulle? Begin vra en kyk wat na vore kom.  


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Friendship With God

Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem he...

More

Baie dankie aan Lifeway Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://everydayformation.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid