YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Groei: Eerste treë saam met JesusSample

Groei: Eerste treë saam met Jesus

DAY 12 OF 20

‘N NUWE MANIER OM TE LEWE Ons gaan vandag voort om oor die konsep van lewe te gesels. Kom ons kyk na een van die mees bekende skrifgedeeltes in die Nuwe Testament. Galasiërs 2:20: Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. Die kern van hierdie gedeelte is in die laaste reël: "Jesus het my lief en het Homself vir my oorgegee." Hoe moet ek dan nou reageer, as hierdie die kern van God se liefdes-inisiatief aan my is? As Paulus hier verwys na die feit dat hy saam met Christus gekruisig is, maar hy lewe dan nog, wat sou hy daarmee bedoel? Ons oortuiging is dat hy praat van ‘n lewe wat oorgegee is aan Christus se waardes en doelwitte op aarde. In my eie ervaring het ek ontdek, dat wanneer ek oorweldig word met God se liefde vir my, ek in reaksie op sy liefde, niks anders wil doen as om vir Hom te lewe nie. Ek wil ook soos Paulus sê: "Ek lewe vir hom!" Jesus het die volle prys vir ons vrymaking betaal. Elkeen van ons is ingesluit in daardie offer. Dis hoekom Paulus sê: " Ek leef nie meer nie." Sy hele lewe was oorgegee aan Jesus se waardes en doelwitte. Ons moenie vergeet dat Paulus ‘n gewone sakeman was nie. As hy praat van " die lewe wat ek leef’", dan verwys hy vir seker na sy gewone aardse aktwiteite, en dis duidelik dat hy homself in alles uitleef tot Jesus se eer. Dit bring ons vandag by ‘n baie belangrike konsep in jou ontdekkingsreis van jou verhouding met God. Jesus is nie net ons redder nie, Jesus is ook ons Here. Die woord "Here" in die Bybel, impliseer dat Hy die eienaar is. So elke deel van my lewe behoort nou aan hom! Ons lewe saam met Hom, maar ons lewe ook vir Hom! Om Jesus toe te laat om Here van ons lewens te wees, is so eenvoudig soos om elke besluit wat ek neem op te weeg teenoor net een vraag: Sal hierdie besluit God behaag of nie? Vandag is jou dag van oorgawe. Is jy gereed om God toe te laat om die absolute anker van jou menswees te word? Verklaring: "Here Jesus, ek weet U is lief vir my, daarom wil ek van nou af vir U lewe!" Aksiestap vir vandag: Maak 'n lys van jou verantwoordelikhede en al jou belangrike verhoudings. Dit gaan die plek wees waar die waardes en doelwitte van Jesus sigbaar sal word.
Day 11Day 13

About this Plan

Groei: Eerste treë saam met Jesus

Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy