Leesplan inligting

Oswald Chambers: Hoop - ‘n Heilige Belofte Voorbeeld

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

DAG 7 VAN 30

Wanneer ek kla en vra: “Waarom laat God dit toe?” is ek nie slegs onbruikbaar nie, maar gevaarlik. Deur vir God te sê wat Hy moet doen, dat die mensdom verlore gaan en Hy hulle moet red, is ‘n verskriklike aanklag teen God; dit sê dat Hy aan die slaap is. Wanneer God my tot die besef bring dat ek deel van sy ondernemings is, kry ek rus vir my siel. Die groot veldtog is God s’n, nie myne nie.



Gebed is werk, nie sielsangs nie, maar werk op grond van die Here se verlossing, met eenvoudige vertroue in Hom. Gebed is maklik vir ons omdat dit Hom so baie gekos het om dit vir ons so eenvoudig moontlik te maak. God laat ons toe om sy oorwinnings vir Hom te bewerk deur op sy manier te werk te gaan.



Oordenkingsvrae: Hoe verhinder my gevoelens van hopeloosheid God se werk in my lewe en in die wêreld? Hoe word my hoop verminder omdat ek nie die werk van gebed ernstig opneem nie?



Aanhalings uit: "The Place of Help" en "If You Will Ask", © Discovery House Uitgewers
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Hope - A Holy Promise

Hoop: ‘n Heilige Belofte, is ‘n inspirerende skatkis van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Chambers sal jou inspireer e...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid